3 Dubbele Verjaardag

 3 Dubbele Verjaardag

Gansbaai Courant

Vier geslagte in Saxon Lodge tydens ‘n   3-dubbele verjaardag, met voor vlnr Casey en Craig Horn. Agter vlnr is Caron Lee, Dave Sawtelle, Henry Lee, Cheyanne Horn, Pamela Lee en Keon Horn. Foto: Jane Bailey

Dave Sawtelle en Caron Lee van Saxon Lodge het op 16 Julie heelparty gaste genooi om hulle 3-dubbele verjaardagvieringe gedurende Julie saam met hulle te vier. Dave verjaar die 3de, Caron die 22ste en hulle gastehuis, Saxon Lodge wat hulle 2 jaar gelede gekoop het, die 1ste. ‘n   4de verjaardag is dié van Caron se dogter, Casey Horn wat ook teenwoordig was, op die 20ste. Dave en Caron is oorspronklik van Gauteng, waar Dave in ‘n   Inligtingstegnologiese (IT) veld gewerk het, en steeds by IT-aangeleenthede betrokke is.

Caron is ‘n   gekwalifiseerde mikrobioloog, maar ook met deeglike ervaring in die bemarkingswêreld. Sy is ook by Gansbaai Toerisme op bemarkingsgebied betrokke en dien op die Fees van die Ganse se Dagbestuur. Altwee van hulle is bewaringsbewustes in die ware sin van die woord en was ook erelede van die Noordwes Parkeraad, waar hulle onder andere by renostermonitering en -bewaring betrokke was. Hierdie inherente “bewaringsbewustheid” van hulle het reeds in Gauteng al duidelik geblyk met hulle “hobby business”, The African Connection, waarmee hulle mense met die natuur laat kennis maak het. Hier ter plaatse het altwee van hulle as “Honourary Rangers” van SAN-Parke aangesluit.

Die verjaardagvieringe was veral vir Caron baie spesiaal aangesien 4 geslagte van haar gesinsfamilie teenwoordig was: Haar ouers, Henry en Pamela Lee; haar dogter, Casey Horn met haar eggenoot, Graig; haar 2 kleinkinders, Cheyanne en Keon Horn. “Ons permanente verblyf in hierdie pragtige omgewing is vir ons soos ‘n   voltydse vakansie,” het Dave gesê.             

Hardus Botha

 3 Dubbele Verjaardag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles