3 Dubbele Verjaardag

 3 Dubbele Verjaardag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vier geslagte in Saxon Lodge tydens ‘n   3-dubbele verjaardag, met voor vlnr Casey en Craig Horn. Agter vlnr is Caron Lee, Dave Sawtelle, Henry Lee, Cheyanne Horn, Pamela Lee en Keon Horn. Foto: Jane Bailey

Dave Sawtelle en Caron Lee van Saxon Lodge het op 16 Julie heelparty gaste genooi om hulle 3-dubbele verjaardagvieringe gedurende Julie saam met hulle te vier. Dave verjaar die 3de, Caron die 22ste en hulle gastehuis, Saxon Lodge wat hulle 2 jaar gelede gekoop het, die 1ste. ‘n   4de verjaardag is dié van Caron se dogter, Casey Horn wat ook teenwoordig was, op die 20ste. Dave en Caron is oorspronklik van Gauteng, waar Dave in ‘n   Inligtingstegnologiese (IT) veld gewerk het, en steeds by IT-aangeleenthede betrokke is.

Caron is ‘n   gekwalifiseerde mikrobioloog, maar ook met deeglike ervaring in die bemarkingswêreld. Sy is ook by Gansbaai Toerisme op bemarkingsgebied betrokke en dien op die Fees van die Ganse se Dagbestuur. Altwee van hulle is bewaringsbewustes in die ware sin van die woord en was ook erelede van die Noordwes Parkeraad, waar hulle onder andere by renostermonitering en -bewaring betrokke was. Hierdie inherente “bewaringsbewustheid” van hulle het reeds in Gauteng al duidelik geblyk met hulle “hobby business”, The African Connection, waarmee hulle mense met die natuur laat kennis maak het. Hier ter plaatse het altwee van hulle as “Honourary Rangers” van SAN-Parke aangesluit.

Die verjaardagvieringe was veral vir Caron baie spesiaal aangesien 4 geslagte van haar gesinsfamilie teenwoordig was: Haar ouers, Henry en Pamela Lee; haar dogter, Casey Horn met haar eggenoot, Graig; haar 2 kleinkinders, Cheyanne en Keon Horn. “Ons permanente verblyf in hierdie pragtige omgewing is vir ons soos ‘n   voltydse vakansie,” het Dave gesê.             

Hardus Botha

 3 Dubbele Verjaardag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles