SAPD Stanford Mandeladag

SAPD Stanford Mandeladag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Stanford polisie het hul Mandeladag gevier deurdat A/O Sarena Hugo, Serina Buys van  die Victim Empowerment Programme dames,   sowel as Jenny October en haar helpers van FCW hul 67 minute gespandeer het deur aandag te gee aan die gestremde mense en hul helpers.  Die CPF, mnr Stuart Anderson en plaaslike Rotariers het heerlike broodjies, lekkergoed en vrugte geskenk vir die okkasie.  Die  dames het die wonings besoek waar gestremdes woon.  Die gestremdes en hul oppassers is bederf met tee en lekkernye. Die helpers/familie van die gestremdes is gevra om gemaklik te sit waarna  hulle bene, voete, rug en hande ingesmeer en gemasseer is, van hulle het selfs ‘n   ligte manikuur en pedikuur ontvang terwyl skottelgoed gewas en vloere gevee is.  Die gestremdes is ook op dié manier bederf.  Van die familie was uit die veld geslaan omdat hulle gevra is om ‘n   ruskansie te neem aangesien ons almal weet dat dit hierdie voltydse taak harde werk en ‘n   liefdesdaad is om na gestremdes te kyk. 

"Ek het besluit om eerder aandag aan gestremdes en hul oppassers te gee in plaas daarvan om een of ander staatsdepar-tement se tuin en mure skoon te gaan maak want sulke instansies het werkers wat betaal word om dit te doen. My ma is ‘n   gestremde na ‘n   beroerte aanval en daar word nie altyd besef hoe moeilik dit vir so ‘n   persoon is om nie hulsef te kan help nie. Dit is ‘n   liefdesdaad om na hierdie mense te kyk en dit gaan soms ongesiens  verby sonder dat ons dankie sê. Só, dit was Stanford se gebaar om dankie te sê vir  hierdie helpers en hul liefdesdaad.  Ek moet sê ons het ‘n   klomp spesiale vrouens in Stanford se gemeenskap wat liefdadigheidswerk doen wie ook slagoffers bystaan in traumagevalle.  Die dames wat die bederf  gedoen het is na die tyd self met ‘n   koppie koffie en ‘n   lekkerny bederf net omdat hulle spesiaal is," het A/O Sarena Hugo gesê.

SAPD Stanford Mandeladag

AO Sarena Hugo, SAPS Stanford

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles