Toerspan van Laerskool Blanco besoek Gansbaai

Die 0/13 rugby- en netbalspanne van Laerskool Blanco uit George het tydens hul toer ook besoek afgelê hier in ons mooi vissersdorpie.


Hulle het op Dinsdag, 16 Julie teen Laerskool Gansbaai gespeel en die volgende uitslae is behaal:


0/13 Rugby  Gelykop – 5 elk
0/13B Netbal  Blanco 10 / Gansbaai 4
0/13A Netbal  Blanco 7 / Gansbaai 13


Al die wedstryde het in goeie gees en sportmanskap plaasgevind.  Baie dankie aan al die ondersteuners wat die wedstryde bygewoon het.

Sportgroete,

Leana Botbyl