Nuwe Laerskool vir Masakhane

Nuwe Laerskool vir Masakhane

Gansbaai Courant

Die argitekvoorstelling van die nuwe laerskool in Masakhane.

Die droom om ‘n permanente tuiste vir die primêre skool Masakhane op Gansbaai te vind, het verlede Donderdag ‘n stappie nader aan die werklikheid gekom toe die bouterrein vir ‘n nuwe skool van R32 miljoen wat meer as 1000 leerlinge kan huisves aan die kontrakteur Tokologo Technical Assignments oorhandig is.   As alles volgens plan loop sal ‘n skool met vier-en-twintig klaskamers, 'n rekenaarsentrum,  'n mediakamer en kantoorgeriewe vir die skool-hoof en personeel teen middel Julie aanstaande jaar vir die gemeenskap beskikaar wees.

Dit word gebou op ‘n stuk grond van ongeveer 2ha aangrensend aan die bestaande gemeenskapsaal in Masakhane, wat teen 'n markverwante prys van net meer as R1m deur Munisipaliteit Overstrand aan die staat beskikbaar gestel is Eiendomsreg is reeds oorgedra en in die aktekantoor geregistreer. Volgens die Munisipaliteit Overstrand se senior bestuurder van die Gansbaai-area, mnr Francois (Kat) Myburgh, is die behoefte aan ‘n volwaardige laerskool vir leerders van Masakhane, Gansbaai, reeds gedurende 2003 deur die gemeenskap identifiseer is. 

Aanvanklik is ongeveer 130 leerders in vier klaskamers gehuisves in houtstrukture wat aan die Munisipaliteit behoort het en in die jare tagtig opgerig is as huisvesting vir  werkers wat by die pelagiese visfabriek in diens was.

Vyf jaar gelede is daar tydelike opslaangeboue langs die sokkerveld in Masakhane voorsien en dit is waar sowat 550 leerders tans onderrig ontvang.

Die sowat R32 miljoen is verlede jaar in die begroting van die Departement van Vervoer en Openbare Werke (Wes-Kaap) vir die projek voorsien is sluit die koste in van 'n projekspan, wat uit argitekte, bourekenaars, strukturele- en elektriese ingenieurs en bou-inspekteurs bestaan. 

Die tenderproses om geskikte boukontrakteurs te vind het reeds verlede jaar begin, maar omdat die tenderbedrag hoër as die aanvanklike beraming was, moes die  projek noodgedwonge effens afgeskaal word.

Geen wonder dat daar groot vreugde was by die terreinoorhandiging nie.  Die kontrakteurs beskik oor bewese ervaring en die nodige gradering van die Boubedryf-Ontwikkelingsraad (CIDB). 

Tydens die konstruksiefase sal daar van plaaslike arbeid en dienste van plaaslike sakeondernemings gebruik gemaak word.  Die projek sal 'n positiewe impak hê op die plaaslike ekonomie, meen mnr Myburgh.

Die projekleier, me Jodie Thomas, het die hoop uitgespreek dat die afhandeling van die projek vlot sal verloop en die gemeenskap gevra om dit voluit te steun.

Dit is reeds die tweede nuwe skool die afgelope vier jaar wat deur die Departement van Vervoer en Openbare Werke in samewerking met die Departement van Onderwys in die Wes-Kaap op Gansbaai ontwikkel word. 

‘n Multikulturele hoërskool, Gansbaai Academia, is op 22 Februarie 2010 deur die Wes-Kaapse Premier, Me Helen Zille,  geopen en met sy besondere prestasies tot dusver kan dit as maatstaf vir die laerskool in Masakhane dien, sê mnr Myburgh. “Die gemeenskap van Gansbaai is besonder trots op die prestasies van al vier skole in wsy gebied en namens hulle wil ek die Wes-Kaapse Provinsiale Regering bedank vir die  investering wat in Gansbaai oor die afgelope tyd gemaak is met die bou van twee nuwe skole asook die omvattende opgradering van die laerskool in Blompark.

“Dié belegging in die toekoms van die jeug in Gansbaai sal hopelik goeie vrugte afwerp en aan al die verwagtinge voldoen,” sê mnr Myburgh.

Fanie Krige

Nuwe Laerskool vir Masakhane

Fanie Krige

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles