Jack Swart, Shamima Brett, me Helene Segal en Joudun Rooi
Op die 18e Julie het die Gansbaai omgewing se Junior Stadsraadslede na Masekhane se laerskool gegaan om Nelson Mandeladag saam met hulle te vier. Oulike geskenkies is uitgedeel en hulle het nuwe isiXhosa leesboeke gekry en daar is sommer dadelik voorgelees. Na die tyd is daar heerlik gesmul aan eetgoedjies. Dit is een van die bydraes wat die jongklomp gedoen het vir hul 67 minute om die toekomstige jeug te inspireer.
Jack Swart