Herman se Kytie

Herman se Kytie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Herman Pieters (links), vervaardiger van die Kytie-produksie, saam met die akteurs Crystal-Donna Roberts en Vaughan Gardiner

Herman Pieters, ‘n voormalige uitblinker van Laerskool Gansbaai, het al goed in die teaterwêreld vir homself naam gemaak. Sy nuwe produksie staan bekend as Kytie - ‘n Koos Kombuis Storie. Een van Koos Kombuis se gewildste lirieke is die van “Kytie”. Dis eers met dieper ondersoek agter die liedjie wat ‘n mens daarvan kennis neem dat Kytie ‘n ma en vriendin is wat warmte en liefde vir ‘n seun het wat ietwat anders is. Dit was juis in ‘n tyd toe dit nie aanvaarbaar was om “anders” aanvaar te word, wat Koos en Kytie ‘n band gehad het wat altwee se leefwêrelde moontlik gemaak het.

Die Kytie-storie is universieël en kan oor vele huishoudings vertel word. Die skrywer, Alexa Strachan, se diepe navorsing (en onderhoude) in Koos Kombuis se lewe het die bekende liedjie tot ‘n mooi verhaal vir die verhoog gebring. “Die regisseur, Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla), se samevatting van al die elemente bring lewe tot die verhaal tegelyk tragies, mooi en soms net vrek snaaks is,” sê Herman. Die akteurs is Vaughan Gardiner en Crystal-Donna Roberts, die teks Alexa Strachan, die vervaardigers is Johann Oosthuizen en Herman Pieters, met Liezel Foot wat vir die tegniese versorging verantwoordelik is.

Herman se ouers is Pieter en Annamarie Pieters van Gansbaai en sy trotse ouma is Duifie Lourens, ook van Gansbaai. Herman se eerste produksie was Bye Ma, Jaypee, wat ook in Gansbaai opgevoer is en sy tweede produksie was Labirint. Nou kan Overstrand se inwoners na Herman se derde produksie saam met Johann Oosthuizen, Kytie, tydens die Kalfiefees in Hermanus op 9 en 10 Augustus gaan kyk.

Vir inligting en/besprekings kan Herman Pieters by 082-563-8225 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by herman@epmprojects.com.

 Hardus Botha 

Herman se Kytie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles