Bietoubossers en Saris

Bietoubossers en Saris

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Pat Naidoo glimlag selfvoldaan oor die eindresultaat nadat sy Zendra van der Gryp in ‘n pragtige rooi sari getooi het

 “Ds Dennis Naidoo en sy eggenote, Pat, het die winterkoue behoorlik tydens ons vorige byeenkoms kom verdryf,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders.

Elizma vertel dat Pat Naidoo, wat self ook ‘n Bietouboslid is, die dames behoorlik in verwondering gelaat het toe sy gedemonstreer hoe ‘n sari gedrapeer word. “Binne minute het Pat dié 6m-lange stuk materiaal behendig omtower in ‘n pragtige kledingstuk met die mundani, ‘n besonderA mooi versierde gedeelte van die lap wat ekstra swier aan die uitrusting verleen,” sê Elizma. Die twee opgekommandeerde “modelle”, Sunet Heyns en Zendra van der Gryp, het bygedra om reg aan dié besonderse kledingstukke te laat geskied.

Dennis het gemeld dat hy heel tuis voel tussen die dames - hy het immers saam met 10 susters in sy ouerhuis grootgeword! Hy het die dames vertel van die baie ou en ingewikkelde Hindoe-geloof waar tot 330 miljoen gode aanbid. “Die Hindoe-gelowige moet sy saligheid bewerkstellig deur sy goeie dade en is altyd onseker of hy sy saligheid gaan verdien,” het hy onder andere gesê. Dennis het vertel dat sy ouers van die eerste generasie Christene was wat deur sendelinge na Suid-Afrika gebring is. Hy het na die moeilike omstandighede verwys waaronder Christene in Indië leef, waar hulle hul geloof byna “ondergronds” beoefen. “As Christen kan jy jou pensioen verloor, deur jou familie vervreem word en ook te enige tyd in die tronk beland.

Petro Oosthuizen bedank Dennis en Pat Naidoo vir ‘n sielsverrykende aanbieding

Alhoewel hierdie mense eintlik in baie armoedige omstandighede lewe, groei die Christengeloof tog in Indië.” Elizma sê dat, met die aanhoor van dié vertellings, het die Bietoubossers net weer opnuut besef hoe bevoorreg hulle is om hul Christengeloof te kan uitleef. Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is op 13 Augustus, wat 'n boeke- en musiekoggend sal wees. Belangstellendes kan hulle voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 of 083-291-1829 skakel.

Hardus Botha

 

Bietoubossers en Saris

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles