6 Jaar oud

 6 Jaar oud

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die dames van die Woekermark wat blomme ontvang het, met vlnr Francia van Dyk, Petro van der Nest en Berta Brits

Vrydae se Woekermark in die Pretoriussaal het verlede Vrydag, 19 Julie 2013 sy 6de verjaardag gevier. Dit was die “manne” se beurt vir die koek- en teestalletjie en hulle het heel flink en vriendelik voorgekom, met een wat ewe flink met die skinkborde heen en weer gedraf het. Die pannekoekstalletjie vir die verjaardag was ten bate van Herberg-aan-See se bestanddele vir hulle basaar wat op 21 September vanjaar, saam met die Fees van die Ganse gaan plaasvind. “Die Woekermark het 6 jaar gelede in geloof begin en ek wil graag ons ondersteuners baie dankie te sê vir hulle getroue ondersteuning, asook vir alle deelnemers en werkers,” sê Francia van Dyk, koördineerder van die Woekermark, wat ‘n yslike bos blomme ontvang het. Toe lek dit uit dat een van die manne teenwoordig, Johan van Wyk, bekend vir sy betrokkenheid by Sendingwerk, op dieselfde dag verjaar het. 

Eddie Barnard, die gewilde musiekmaker tydens die Woekermarkdae, se 86-jarige suster het ook kom kuier en “sy is nog só gesond dat sy nie weet van dokters, medikasie of pille nie”. Vrydae se Woekermarkte begin elke Vrydag om 09:00 in die Pretoriussaal. Vir enige navrae kan Francia van Dyk by 028-384-0262 of 082-551-3613 gekontak word.  

Hardus Botha

Dit was die “manne” se beurt om koek en tee/koffie te bedien, met Johan van Wyk (links) wat op dieselfde dag as die Woekermark verjaar het

 6 Jaar oud

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles