HaS se Winterspele

HaS se Winterspele

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jaarlikse groot pret en opwinding! Dis die beskrywing van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) se jaarlikse Winterspele. Vanjaar se “Spele” is met lekker saam dans deur die inwoners ge-open en hulle het bewys die “ou” bene is nog pure aan die gang. Dalene van Dyk en haar Goue Hand-medehelpers het vir vele pret gesorg. Speletjies soos vlugbal met balonne, raai-‘n-woord, ringbord, albaster-met-lepel-optel en veel meer is gespeel. Soos gebruiklik was daar weer ‘n personeelitem, tot groot vermaak van die inwoners.

Gansbaai Courant mag glo nie noem waar Suster Linda Meyer haar item weggesteek het nie, maar dit is wel gekry en uitgehaal! Die stimulasiegroep het ‘n opwindende skattejag gereël en daar is naarstigtiglik na lekkers en “chippies” gesoek wat weggesteek is. Anita Botha het agter die klavier ingeskuif en die inwoners het hulle daarin verlustig om “toeka” se liedjies uit volle bors te sing.

Dankie ook aan Anita wat as fotograaf vir die dag ingestaan het. Lesers word herinner aan Suster Linda Meyer (028-384-0501) se versoek om leë 500ml, 1ltr en 2ltr plastiekbottels met proppe wat dringend vir HaS benodig word.  

Hardus Botha


 

HaS se Winterspele

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles