Winter Fynbosskou en Musiekfees

Winter Fynbosskou en Musiekfees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vanjaar se Winter Fynbosskou gaan gepaard gaan met Musiek-in-die-Fynbos en Eet-in-die-Fynbos. Die gedugte span vrywillige Fynboswerkers is reeds in ‘n proses om Gansbaai Academia se saal in ‘n sprokieswêreld van fynbos en blomme te omskep. Bergtonele, watervalle, brand- en seetonele, spesies en veel sal besoekers vanaf 8-11 Augustus se asems wegslaan. Naas hierdie unieke uitstalling wat jaarliks groot bewondering afdwing, is daar vanjaar ‘n Teetuin (deurlopend) ten bate van Gansbaai Academia in die middel van die saal - ‘n ete tussen die fynbos.

Plaaslike kunstenaars, veral instrumentale klanke, is bygebring om deurentyd gepaste musiek op die verhoog te verskaf. Allerlei stalletjies sal beskikbaar wees, asook kindervermaak soos ‘n klimmuur (“climbing wall”), ponieritte en veel meer. ‘n Mnr en Mej Fynbossie sal op Vrydag, 9 Augustus om 14:00 in die saal gekies word. Kinders van 4-8 jaar kan nou reeds teen R10 by Gansbaai Toerisme inskryf, maar hulle kan ook tydens die Fees inskryf. Saterdagaand, 10 Augustus om 19:00 word ‘n 3-gang maaltyd aangebied. Tydens die ete sal kunstenaars soos Hendrik Brits (panfluit) en 2@T vir kitaarmusiek en sang sorg vir lewendige optredes (“live shows”).

Vir hierdie unieke geleentheid tussen die fynbos, kan kaartjies vooraf teen R120 per persoon by die Gansbaai Toerismekantoor gekoop word, of dis neusie-verby. Sondag, 11 Augustus kan ‘n Lofprysings-diens (“Praise & Worship”) om 11:00, ook tussen die fynbos, bygewoon word, met verskeie kore wat sal optree.

Toegangsgelde vir Vrydag en Saterdag beloop R20 (volwassenes) en R5 (kinders o/12), met Sondag wat gratis sal wees. Moenie hierdie feestelike Fynbosskou en Musiekfees met vele bykomstighede misloop nie.

Navrae rakende Saterdagaand se etekaartjies, inskrywings vir die Mnr & Mej Fynbossie, of enige ander navrae kan aan die Gansbaai Toerismekantoor by 028-384-1439 gerig word, of by die Bestuurder, Glenda Kitley by 072-291-5564 of stuur ‘n e-pos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net.      
  
Hardus Botha

Winter Fynbosskou en Musiekfees

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles