Die Bron se Madibadag

Die Bron se Madibadag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Colin Olivier van Dangerpoint Vuurtoring oorhandig ‘n boek oor vuurtorings van Suid-Afrika aan Die Bron se skoolhoof, Sybill October

Die Bron Primêr te Stanford het aktief aan Madibadag op 18 Julie deelgeneem, maar kon weens e-posprobleme nie hulle foto’s verlede week met Gansbaai Courant deel nie. “Dangerpoint Vuurtoring se toesighouer, Colin Olivier het namens Transnet ‘n pragtige boek oor vuurtorings van Suid-Afrika aan ons skool se nuwe biblioteek geskenk en ons beskou dit as ‘n waardevolle geskenk op Madibadag,” sê Sybill October, skoolhoof. Die laerskool is ook deur werkers van die Departement van Openbare Werke en Vervoer bederf met instandhoudingswerk en die verfraaiing van die Gr R’e se speelpark (Jungle Gym) as hulle bydrae tot 67-minute vir naastediens.

“Ons leerders het in die vierkant bymekaargekom en hulle verjaardaglied aan Madiba voor die aanvang van die skooldag gesing, terwyl die Hoofdogter, Rineez Ali en Lerato Hermanus ‘n treffende toespraak rakende die oud-Staatspresident gelewer het,” vertel Sybill. Die leerders voel ook baie trots op hulself omdat hulle aan die einde van die skooldag besoek by die bejaardes van die Volvertroue Dienssentrum afgelê het. Daar het hulle pakkies koekies aan die bejaardes oorhandig as hulle deel van 67-minute vir naastediens. Sybill sê sommige van die leerders het ook na die gemeenskap uitgereik, rondbeweeg en gediggies voorgedra, gesing en lekkernye uitgedeel. “Die gemeenskap het hierdie mooi gebaar van die leerders hoog op prys gestel,” sê Sybill.

Hardus Botha


 

Die Bron Primêr leerders tydens die sing van ‘n verjaardaglied aan Nelson Mandela

Die Bron se Madibadag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles