Dit was naweek toe ek aan hierdie rubriek gewerk het en terwyl ek na die rowwe see kyk het die windjie deur die vensterruit gehuil. Vir die afgelope paar dae al was die veilige opsie om liewer by die huis te bly en jou boot en gereedskap in orde te kry. Hoewel jou lus vir hengel omtrent uithang is dit, snaaks genoeg, darem kompensasie om te weet jy mis tog nie veel nie -- die vis is mos maar aan die skaars kant.
Vir hierdie week is kalmer weer voorspel, en daarmee bedoel ek meer windstil dae, en nie noodwendig stiller water nie. Die stokmanne sal nie so bekommerd wees nie want watter volbloed hengelaar (dis nou die manne wat van die kant af vang) sal hom laat afskrik van die weer? Om die waarheid te sê, as jy van hierdie manne ken sal jy weet dat ‘n vuurtjie nie verniet brandgesteek word nie, en by nader ondersoek kan jy nie anders as om daardie braaireukie waar te neem nie -- en net ‘n galjoen kan so ruik!
Dis darem ook nie korrek om te sê die vis is heeltemal so skaars nie. Met ‘n veilige dag op see kan jy tog spog met hotties (nog steeds lekker vet), romanne, silwervis en so aan. En is jy gelukkig is daar ook makriel, snoek en geelbek te kry, maar dit is meer as gevolg van geluk as wysheid. Die manne van Geelstert sal nie hiermee saamstem nie want verlede Maandag het hulle mooi makriel aan boord gehad, en het dit gelyk, hulle is reguit na die “regte” plek toe, en dit het dus niks met geluk te make gehad nie. Dis reg so!
Indien die wind en water saamspeel, en dis die vooruitspelling, behoort dit die volgende paar dae baie beter met die vangery te gaan. Dis al Augustus en Juliemaand behoort snoek se kind al beter gesig te gewys het as sover. En die geelbek moet ook nog sy opwagting maak, en daar is ook nog die makriel. Dit moet beter gaan!
Groete, Seemeeu
Nog vertalings:
Braid strength - vleglynsterkte
Line capacity - lynvermoë
Reel speed - katrolspoed
Blob bait - stukaas (byv. gekapte stukke tjokka).
Die see sukkel om reg te kom
01 August 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
You Have the Power to Change the Pattern
Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.
Red Wine Oxtail
Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?
Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.
Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs
An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026
The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...











