Mej Sea Star

Mej Sea Star

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Junior Afdeling wenners van die Mej Sea Star Kompetisie

Dit was weer tyd vir die kies van ‘n Mej Sea Star, Junior en Senior, vir die Sea Stars Netbalklub. “Die aand het suksesvol verloop, met deelnemers wat eintlik almal wenners was omdat hulle só pragtig gelyk het,” vertel Bertruline Dickson, voorsitter van die klub. Die gesellige aand is ter stywing van die klub se fondse gereël. Ongelukkig het die kamera wat deur hulle gebruik is, nie so goed saamgewerk nie, en kon net ‘n foto van die Juniors aan Gansbaai Courant beskikbaar gestel word. Intussen het die klub 2 wedstryde gespeel.

Op 20 Julie was dit tuis teen Kleinmond, met die B-spanne wat terselfdertyd hulle proewe gespeel het. Tydens daardie wedstryd het die A-span met 19-22 verloor en die B-span het met 12-8 gewen. “Dit was die eerste keer hierdie jaar wat ons A-span verloor het,” sê sy. Verlede Saterdag het hulle teen Blompark se Sea Gulls gespeel, met die Sea Stars as algehele oorwinnaars: die A-span 42-19 en die B-span 32-16.

Eerskomende Saterdag speel die Sea Stars weg teen Bredasdorp. Vir navrae rakende die Sea Stars Netbalklub kan Bertruline Dickson by 072-707-5687 geskakel word.

Hardus Botha

Mej Sea Star

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles