Gholfnuus

ONTHOU ASB DIE JAARVERGADERING OP DONDERDAG, 29 AUGUSTUS 2013.

Verjaarsdae:  Rob Jerrard 1st , Steve Muller 1st , Bobby Brandt 3rd , Margi Muller 6de, Jan Blomerus 6de , Cobus Burger 7de, Jan le Roux 7de, Andre Lourens 7de, Wynand Bezuidenhout 7de – veels geluk aan jul almal, ons hoop julle het ‘n pragtige nuwe lewensjaar.

Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Paul Dippenaar met 38 punte, en Paul was ook naaste aan die pen op no 17, en teken ook ‘n Spog Twee aan!  Veels geluk, Paul.  Tweede was John Thompson 37, gevolg deur Joe Cesare 37, Bev Swart 35, George Hunt 35, Leon Hattingh 34, Solly Wessels 34, Dawie Rossouw 32, Sextus Neethling 32, Johann Kruger 32.  Sextus Neethling was die naaste aan die pen op no 2&11.
Vrydag was daar geen kompetisie (borg: OK Foods) nie as gevolg van die weer, en die ledetrekking is nie gewen nie en word oorgedra na volgende week.

Saterdag het die arme manne gevries en kon dit nie op die baan waag nie!

Volgende Saterdag se kompetisie is die Maandelikse Houespel en die eerste prys word geborg deur Kleinbaai Motors.

Klub/Club:  028 384 1441 gesels met Leon Hattingh en Andre Roos
Navrae/Enquiries: 082 878 0534 – Johan Coetzee