Besoek van Napier

Besoek van Napier

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Victor en Kim Breach, Annemarie Botha en Pieter Conradie.

Op 16 Julie 2013 het drie spanne van Franskraal besoek afgelê by Napier Rolbalklub.  Hulle het 'n toernooi aangebied met die doel om fondse in te samel nadat hulle weer aan die gang gekom het na 'n  lang onderbreking.  Dit was veroorsaak deur 'n ernstige oorstroming van hulle perk tydens die winter van 'n paar jaar gelede.

Aanvanklik is gedink dat Napier Rolbalklub sy aktiwiteite sal moet opskort, maar 'n  paar lede onder leiding van Judy en Willie Vorster wou dit eenvoudig nie aanvaar nie.  Hulle harde werk het uiteindelik daarop uitgeloop dat die klubhuis weer gebruik kan word en die perk ook merkwaardig herstel het.

Tien spanne het aan die toernooi deelgeneem en hoewel die perk aanvanklik baie swaar gespeel het, het dit algaande beter gegaan en is eintlik goeie rolbal  gespeel, inagnemende die omstandighede.  Boonop het die weer ook mooi saamgespeel en was dit uiteindelik 'n  baie genotvolle dag.

'n Span van Franskraal bestaande uit Kim Breach, Pieter Conradie, Victor Breach en Annemarie Botha was die wenners met 'n bietjie hulp van 'n ander span van Franskraal wat 'n span geklop het teen wie Kim se span verloor het.

Napier Rolbalklub word gelukgewens met die herstel van hulle geriewe en ons hoop dat dit spoedig beter sal gaan met hulle.  Hulle verdien om ondersteun te word.

Pieter Conradie 

Besoek van Napier

Pieter Conradie, President

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles