Winter Fynbosskou en Musiekfees

Winter Fynbosskou en Musiekfees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die gedugte Fynbosspan vir vanjaar se Winter Fynbosskou en Musiekfees.

Vanjaar se Winter Fynbosskou en Musiekfees begin Vrydag, 9 Augustus 2013, en strek oor die naweek. Dit beloof om vanjaar in vele opsigte uniek te wees en Gansbaai Academia se saal is opgetower met fynbos en om binne te stap, is om ‘n sprokieswêreld te betree. 
Selfs die jaarlikse tradisie van bergtonele, watervalle, brand- en seetonele en spesies, wat altyd bewondering afdwing, het ‘n omwenteling ondergaan wat die moeite werd sal wees om te aanskou.

Bykomende opwinding vanjaar is ‘n deurlopende Teetuin ten bate van Gansbaai Academia in die middel van die saal, dus smaaklike etes tussen die fynbos. Terselfdertyd gaan plaaslike kunstenaars op die verhoog, veral instrumentale klanke, sorg vir gepaste agtergrondmusiek terwyl die uitstalling bewonder word, of iets te ete genuttig word. Stalletjies met velerlei items en eetgoed, sal ook beskikbaar wees, asook kindervermaak soos ‘n klimmuur (“climbing wall”), ponieritte en veel meer.

Vrydag, 9 Augustus om 14:00 sal ‘n Mnr en Mej Fynbossie (4-8 jaar) in die saal gekies word en laat inskrywings teen R10 sal tot kort voor die tyd nog by die Toerismestalletjie aanvaar word. Saterdagaand, 10 Augustus om 19:00 word ‘n geurige 3-gang maaltyd aangebied, waarvoor kaartjies teen R120 vooraf aangekoop moet word. Kunstenaars soos Hendrik Brits (panfluit) en 2@T vir kitaarmusiek en sang sal vir goeie vermaak tydens die ete sorg.

Dan volg die afsluiting op Sondag, 11 Augustus met ‘n Lofprysingsdiens (“Praise & Worship”) om 11:00, ook tussen die fynbos, met verskeie kore wat sal optree. Stalletjies sal steeds beskikbaar wees. Toegangsgelde vir Vrydag en Saterdag beloop R20 (volwassenes) en R5 (kinders o/12), met Sondag wat gratis sal wees. Moenie hierdie feestelike Fynbosskou en Musiekfees met vele bykomstighede misloop nie. Besoek gerus Gansbaai Toerisme se stalletjie vir navrae tydens die fees.  
    
Hardus Botha 

Winter Fynbosskou en Musiekfees

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles