Beverley Hills se huise

Beverley Hills se huise

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die 9de voltooide huis in Beverley Hills, met vlnr Freddie Engelbrecht, Flip Otto, Sheila (Patricia) Morris (Eienaar) en past Frikkie Zeelie

S.H.A.R.E. (Social Help Animal Rehabilitation & Restouration Education - ECB), voorheen bekend as die GCA, is as ‘n MPO geregistreer en hulle Sopkombuis is in Beverley Hills geleë.

 “Ons prioriteit in Beverley Hills is kinders, gestremdes en bejaardes en die gemeenskap besluit self waar die behoeftes die noodsaaklikste is,” sê past Frikkie Zeelie. “Die nodige bestanddele word verskaf, maar die mense kook self die sop.” Maar dit gaan nie net oor sop nie, S.H.A.R.E. is reeds vir die afgelope 6 jaar besig met die bou van huisie waar die nood hoog is. Hulle 10de huis was met die ter perse gaan van hierdie berig in ‘n proses van voltooiing. “Ons bou die huise op ‘n basis van wat ons as donasies, nuut of tweedehands, ontvang en gebruik alles wat inkom vir die spesifieke huis totdat klaar is,” sê past Zeelie.

Die 10de huis (in aanbou) in Beverley Hills, met die gelukkige eienaar, Amelia Thompson heel voor, met past Frikkie Zeelie links van haar

“Dit sluit noodsaaklike tweedehandse meubels in.” Past Zeelie hou graag enkele bedankings voor: White Shark Adventures (maandelikse ondersteuning); Bayview Furniture (tweedehandse meubels vir die huise en gereelde sopbestanddele); Francois en Dedré du Toit en Fynbos Wendy (maandelikse finansiële ondersteuning, asook die hout vir die laaste huis); Gansbaai Superspar (gereelde, byna daaglikse, ondersteuning); Anonieme donateur (R10,000); Flip Otto (die groot staatmaker van die projek, plus sy bakkie); Anonieme donateurs (tweedehandse vensterrame, deure, ens); Freddie Engelbrecht van ERS (sinkplate teen billike en afslagpryse); Beverley Hills se gemeenskap (wat self die bouwerk doen); Villet & Pitzer (sopbestanddele, asook wors tydens die inwyding van die 10 de huis). Claudine Dyck, Gemeenskapsleier in Beverley Hills, haar dogter, Tania Dyck en Rhona Vermeulen word ook opreg bedank vir hulle organisatoriese hulp, sopvoorbereiding en die uitdeel van sop. “Die atmosfeer onder Beverley Hills se inwoners het gedurende die afgelope paar jaar merkbaar verbeter,” sê past Zeelie. “Dit kan onder andere gesien word in optredes, skoonmaak van erwe en selfs kinders wat rommel begin optel.”

Hardus Botha

Beverley Hills se huise

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles