OK Foods Gansbaai Ware Wen Winkel

OK Foods Gansbaai Ware Wen Winkel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

OK Foods Gansbaai se trotse eienaars Petra en Chris van Rensburg.

OK Foods Gansbaai kry welverdiende erkenning vir ’n prag-winkel. Na volgehoue harde werk, onbuigbare deursettings-vermoeë en ‘n streng beoordelingssessie het OK Foods Gansbaai sy merk gemaak en is aangewys as een uit drie top handelaars wat meeding in die OK Foods kategorie vir die gesogte titel van OK se Franchisee Van Die Jaar 2013. OK Foods Gansbaai is ’n lid van die OK franchise-divisie, ’n afdeling van die Shoprite/Checkers-groep.

Petra van Rensburg, winkeleienaar, vertel van haar en mede-eienaar Chris van Rensburg se wen-resep: “Jy moet passie hê vir jou besigheid en jou dagtaak met geesdrif aanpak.” Petra beduie dat OK Foods Gansbaai se sukses grotendeels toegeskryf kan word aan puik spanwerk: “Kies die regte mense vir jou span en bemagtig hulle binne ‘n kreatiewe en opbouende organisasiekultuur. Jy moet ‘n stel beginsels en waardes hê waarvolgens sake gedoen moet word – integriteit en beginselvastheid is hoekstene in ons besigheid.” Hoe voel Petra en Chris oor die nominasie? “Geweldig trots! Wat ‘n groot voorreg om genomineer te word vir so ‘n gesogte toekenning!”

Om te verseker dat die wenners die erkenning waarlik verdien, het die OK franchise-divisie ’n omvattende lys van vereistes saamgestel waarvolgens die winkels oor die loop van ’n jaar beoordeel word. Hierdie lys sluit ontwikkeling, algemene winkelstandaarde, klantediens, personeel-motivering, gemeenskapsbetrokkenheid, administratiewe uitmuntendheid en lojaliteit in.

Die klem is dus nie bloot op verkope nie – die winkels wat die beste presteer in die beoordelingsproses is winkels wat waarlik ’n uitstekende begrip van uitnemendheid in die konteks van die kleinhandelsbedryf toon. Die wen-winkels moet kan bewys dat hulle ook ernstig is oor hul klante (diens en inkopie-ervaring), gemeenskap en winkelvoorkoms.

Petra, Chris en hul personeel kan hulself voorberei op moontlike verdere sukses omrede OK Foods Gansbaai nou in aanmerking is vir die 2013 Franchisee Van Die Jaar-toekenning as die beste OK Foods-winkel. Die wenner sal in September by die jaarlikse OK franchise-divisie konferensie aangekondig word.

OK Foods Gansbaai Ware Wen Winkel

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles