Verwerkers werp die soeklig op Overberg

Verwerkers werp die soeklig op Overberg

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Melkkopers kyk toenemend na die Overberg om aan die vraag na suiwelprodukte te voldoen. Dit is veral die gehalte van melk uit die Overberg en die bereikbaarheid daarvan wat kopers na die gebied lok.

Kort op die hakke van Ladismith Kaas het Lancewood Cheese van George ongeveer 25 Overbergse produsente ingelig oor hul nuwe produksieproses wat daarop gerig is om nuwe marksegmente te ontgin. Op die oomblik word grondstowwe vir hierdie doel ingevoer. Tydens ’n onlangse vergadering het hulle melkprodusente uit die Overberg aangemoedig om by die organisasie aan te sluit en melk met ’n hoë vastestofinhoud te lewer.

Mnr. Johan du Toit, wat ’n groep melkboere verteenwoordig, sê hy is baie opgewonde oor die nuwe produksieproses en wys daarop dat dit toekomstige beleggingsvertroue sal kweek.

Volgens bogenoemde melkkopers is die toename in die verbruik van suiwelprodukte die belangrikste katalisator in hul belegging in hierdie nuwe prosesse. Verder maak wêreldpryse en die rand-dollar-wisselkoers dit moeilik om in te voer.

Melkboere is dit eens dat produsentepryse in die Overberg sal moet verhoog om in die toekoms volhoubare melkproduksie van gehalte aan die verbruiker te verseker. Veral diesel- en veevoerpryse het dramaties gestyg wat geweldige druk op volhoubaarheid van melkproduksie plaas.

Mnr. Dèan Kleynhans, suiwelboer uit die Overberg, sê waar in die verlede daar net een dominante melkkoper was, is daar nou ses verskillende melkkopers in die Overberg wat melk van ’n hoë gehalte van produsente in die omgewing wil aankoop.

Vir meer inligting skakel Dèan Kleynhans by 082 894 0413.
Uitgereik namens ’n groep melkprodusente in die Overberg.

Verwerkers werp die soeklig op Overberg

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles