Blog

Die Grootwithaai is in (Klein)baai!

Die Grootwithaai is in (Klein)baai!

Gans-Berg Nuus / News

Die Grootwithaai is in (Klein)baai!

Maar waar was hulle?

“Dis die vraag waarmee menige mariene-bioloog en wetenskaplike worstel,” vertel Christine Wessels van Dyer Island Conservation (DICT). “Daar word vingers gewys na die orkas wat hul verskyning in die omgewing van Kleinbaai (tussen Gansbaai en Franskraal) gemaak het en wat ‘n voorliefde vir grootwithaai-lewers het. 

Die lewerlose grootwithaaie het vanaf 2017 uitgespoel, en dit stem ooreen met die tyd waarin ‘n drastiese afname in grootwithaai-getalle in die ‘Haai Hoofstad’, Gansbaai opgemerk is. Christine sê vrae word ook gevra oor of klimaatsverandering en die afname in die hoeveelheid van vis ‘n impak op die grootwithaai-getalle het.

“Hopelik sal die navorsing wat die afgelope jare by Marine Dynamics in Kleinbaai gedoen is en steeds gedoen word, onder die wakende oog van mariene bewaarder, Wilfred Chivell, tog eendag meer antwoorde as vrae oor die grootwithaai-getalle in en om die Suid-Afrikaanse kus oplewer,” het Christine gesê. Hoe dit ookal sy, sy sê vir toeriste en die bemanning van die haaiboot, Slashfin, was Sondag ‘n emosionele ervaring. Die afgelope tyd was dit meestal koper- en skerpneus-haaie wat by die eko-toerisme bote gewaar is. Sondag het groot opgewondheid geheers toe ‘n wyfie grootwithaai van sowat 2,5-meter, duidelik sigbaar en vlak naby die boot geswem het.

Die afgelope week het elke dag tussen 2 en 3 grootwithaaie opgelewer wat die Marine Dynamics se bote besoek het. “Dit is dus veilig om te sê dat die grootwithaaie weer terug is in Kleinbaai,” het Wilfred gesê. Hy het juis in 2000 met sy Marine Dynamics eko-toerisme aktwiteite in Kleinbaai begin met die doel om mense “die wonder van die grootwithaai, wat vir 400 miljoen jaar die oseane bewoon, te laat ervaar.” Hy het ook die klem op die afnemende getalle van verskeie mariene spesies as gevolg van menslike invloede, geplaas.” 

“Met die haaihok-duike word besoekers in ‘n hok geplaas om die wonderwêreld van die oseaan, asook die grootwithaai in sy natuurlike omgewing te ervaar,” het Christine gesê. “Deur Wilfred se eko-toerisme projekte word navorsings-projekte oor die grootwithaai befonds, sodat data, plaaslik en internasionaal, deur universiteite en wetenskaplikes gebruik kan word om soveel as moontlik inligting oor die spesie se dalende getalle in te win.” Volgens Wilfred speel die grootwithaai ‘n krities-belangrike rol as top-roofdier in die mariene eko-sisteem. Grootwithaaie, asook ander haaie wat deur die besoeker in ‘n haai-duikhok besigtig word, word later ambassadeurs vir die beskerming van die grootwithaai wêreldwyd.

Maar vir nou is die grootwithaaie hier om besoekers aan Kleinbaai en Marine Dynamics te herhinner aan die top-roofdier wat ons as mens nie nodig het om te vrees nie, maar beslis moet beskerm.

 
Hardus Botha
Image 1
Image 2
Die Grootwithaai is in (Klein)baai!

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles