Hengeloplewing

Hengeloplewing

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bemanning van Nu-Nu wat baie goed gevaar het, met vlnr Phillip Fourie, Johan Burmeister en Gawie Krugel

Die Birkenheaders se maandelikse boothengelkompetisie kon weer plaasvind, met die weer en seetoestande wat vir ‘n slag saamgespeel het. Veral mooi snoeke is ingetrek. Net 3 bote het ingeskryf en ingeweeg, met 'n totale aantal bemanningslede van 10. Nege verskillende spesies is ingeweeg. Die totale aantal vis wat ingeweeg is, is 87 met 'n totale massa van 120.2kg, wat ‘n gemiddeld van 12.02kg per hengelaar beteken het.

Die volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Johan Burmeister (Snoek - 4.50kg); 2de Swaarste vis, Jean Downing (Snoek - 4.10kg);

Swaarste sak, Johan Burmeister (32.45kg); 2de Swaarste sak, Gawie Krugel (30.4kg);

Swaarste bootgemiddeld, Nu Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (29.22kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing (5.23kg); Dame Swaarste sak, Elna van Zyl (7.05kg).

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (84.40kg); Jay-Bee 2 van Piet en Elna van Zyl (41.01kg); Relêks 2 van Jean Downing (39.85kg);

Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (86.70kg); Piet van Zyl (41.15kg); Gawie Krugel (66.25kg).

Dames Visvangkampioen - Elna van Zyl (44.75kg); Dixie Walsh (29.95kg).

Dan het Jean Downing gesorg vir ‘n nuwe klubrekord met sy makriel van 1.55kg.

Die aandfunksie, met 'n bykans vol klubsaal, het baie gesellig verloop, met smaaklike Potjiekos soos wat net Kobus du Toit dit kan maak. Piet van Zyl het namens voorsitter Raymond Rabe, wat met verlof was, agter die Musiekfabriek ingeskuif en homself goed van sy taak gekwyt. Die geselligheid, met hengelprestasies vergete, het tot laataand geduur.

Algemene navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan aan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 gerig word, met kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha
 

Hengeloplewing

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles