Gholfnuus

Verjaarsdae: Frikkie van Eeden 10 – Veels geluk, Frikkie!


Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Steve Muller met 37 punte, gevolg deur Daan Victor 36, Joe Cesare 33, Rob Jerrard 33, George Hunt 32, John Thompson 32, Charlie Bent 31, Paul Dippenaar 31, Dawie Viljoen 30, Solly Wessels 29.  Naaste aan die penne was Lambert Smith op no 2&11 en 15, Paul Dippenaar op no 8&17.   Spog Twee’s word aangeteken deur Daan Victor 17 en Lambert Smith 15.

Vrydag
se 9-putjie kompetisie (borg: OK Foods) is gewen deur George Hunt op 19, gevolg deur Sextus Neethling 19, Solly Wessels 19.  Die ledetrekking is nie gewen nie en is oorgedra na volgende week.

Saterdag se 9-putjie kompetisie was die Maandelikse Houespel en die eerste prys is geborg deur Kleinbaai Motors.  Die wenner was Bev Swart (regs) met 68 nett, gevolg deur Charlie Bent 69, Steve Muller 69, Louis vd Vyver 71, Dirk van Dyk 71, El Matthee 73, Johan Coetzee 73, Malcolm Bury 74, June Rahn 74, Sextus Neethling 74, Paul Dippenaar 74, Joe Cesare 75.  Naaste aan die penne was Malcolm Bury op no 2&11, Louis vd Vyver op no 8&17 en George Hunt op no 15 (borg: SuperSpar/Tops).  Deon Momberg teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 8.


Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Enkel Stableford.

Klub/Club:  028 384 1441 – Leon Hattingh & Andre Roos
Navrae/Enquiries:  082 878 0534 Johan Coetzee