Blog

Goju Ryu Karate

Goju Ryu Karate

Gans-Berg Nuus / News

Goju Ryu Karate

-Opgradering van karate-studente-

Vanjaar se opgradering-seremonie was weer eens ‘n spesiale geleentheid vir Sensei Yusuf Meyer (1ste Dan) se Goju Ryo Karateklas in Gansbaai. Yusuf het weer vir ‘n ontspanne naweekkamp by Panorama-landgoed (17-19 Junie 2022) gereël. Saam met hom was nog twee gedugte karate-manne, Waleed Dolan (3de Dan) en Bernie Hess (1ste Dan). Saam het die drie ‘groot’ manne vir demonstrasies vir die studente gesorg.

Die opgewonde karate-studente is gelukkig nie net met oefeninge en die opgradering-seremonie gebombardeer nie, hulle het hulself gate uit geniet met ‘n verskeidenheid van items, soos vryheid in die veld, ‘n gesellige braai en sommernet ontspan. Die reënweer het hulle vanjaar gekniehalter om staptogte aan te pak.

Die trotse opgegradeerde karate-studente, met hul ouderdomme en volgende gordel-kleure, is (alfabeties):

Amber Hanekom (12, geel, vlak 2), Cloe Williams (12, geel, vlak 2), Dewald Smit (17, wit, vlak 2), Emma Coutts (29, oranje), Ethan Simpson (10, groen, vlak 4), Jonathan Hanekom (9, geel), Myburgh Hanekom (9, wit, vlak 2), Myron Temmers (13, oranje, vlak 3) en Workline Tilhan (24, geel, vlak 1). Baie geluk aan hierdie karate-studente met julle opgradering!

Plus kleine Jaime Hanekom (5) wat so ewe kordaat en vol verwagtinge vorentoe gestap het tydens die oorhandiging van die sertifikate - “en hoe gee ‘n mens nou niks vir sulke kordaat-optrede deur so ‘n pragtige dogtertjie,” het Yusuf gesê... en net daar kry Jaime toe haar eie “junior witgordel-sertifikaat”!

Yusuf Meyer, Goju Ryo Karateklas in Gansbaai se Sensei, het onlangs ‘n OGKK-opgraderingskursus in Kraaifontein bygewoon vir sy 2de Dan. Yusuf sê dit was suksesvol en, alhoewel hulle nog nie die finale uitslae ontvang het nie, glo hy dat hy sy 2de Dan suksesvol verwerf het. Die uitslae sal oor sowat 2 week beskikbaar wees. Baie geluk, Yusuf, jou studente kan trots wees op jou. Belangstellendes in karateklasse, kinders en volwassenes, kan Yusuf Meyer by 062 023 6548 skakel.

(Foto’s deur Alethea Baytopp)

 
Hardus Botha
 
Goju Ryu Karate

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles