Behuisingsprojek op koers

Behuisingsprojek op koers

Gansbaai Courant

Die ooreenkomste wat gesluit moes word om die (GAP) behuisingsprojek, wat suid van Barnardstraat op meentgrond aangelê gaan word, is twee weke gelede gesluit. Dit beteken dat die vertraging wat dit tot gevolg gehad het nou iets van die verlede is. Die munisipale behuisingsimplementeerder, Motlekar en sy kontrakteurs kan dus nou volstroom voortgaan met die projek. Die ooreenkomste moes gesluit word met die kontrakteur, munisipaliteit en die Departement van Menslike Nedersetting Wes-Kaapse Behuisingsraad. Al die infrastruktuur, wat elektrisiteit en watervoorsiening sowel as paaie, riool en stormwater insluit, sal nou aangelê word. Dieselfde kontrakteurs is tans by Eluxolweni in Hermanus besig om 160 RDP (hophuise) te bou.

Die Courant het vroeër in Maart berig dat die projek in drie fases van ongeveer 50 persele elk aangepak sal word. Omdat die koste van gedienste persele veel hoër is as wat die subsidie toelaat, word die tekort oorbrug deur die tweede en derde fases se subsidiebedrae gedeeltelik te benut om die eerste fase te finansier. Hierdie subsidiebedrae word ten volle verhaal met die verkoop van persele, terugbetaal in die munisipale rekening en dan aangewend om die volgende fase mee af te handel. Dieselfde geld vir die derde fase. Aan die einde van die projek het die munisipaliteit weer die volle subsidiebedrag beskikbaar om op ander behuisingsprojekte te gebruik. Die prys van die huise is nog nie gefinaliseer nie, maar in hierdie stadium lyk dit of die eenhede na gelang van hul grootte vir tussen R350 000 en R480 000 bemark gaan word. Die ontwikkelaar (Motlekar) dra die bemarkingsrisiko en onder die huidige ekonomiese omstandighede is die verwagting dat die koste so laag as moontlik gehou sal word. Indien die huise nie verkoop word nie, sal die Ontwikkelaar na 36 maande die volle dienstekoste en erfprys aan die Munisipaliteit terugbetaal.  Die munisipaliteit het reeds verlede jaar kennisgewings geplaas om belangstellende en voornemende kopers van huise te nooi om vir die projek op ‘n gedeelte van Erf  210 (Buitekant Straat), Gansbaai.

Potensiële begunstigdes moes voldoen aan die kriteria vir deelname en oor  ‘n gesamentlike huishoudelike inkomste van R3501 tot R15 000 per maand beskik.  Belangstellendes moes ‘n gesonde kredietrekord kon toon en nog nooit voorheen ‘n eiendom besit het nie.  Dié registrasies is in ‘n GAP behuisingsdatabasis opgeneem en aansoeke sal in volgorde van inhandiging gehanteer word.  Die groot stuk grond wat nou ter voorbereiding gelyk gestoot is en brak lê wek egter kommer by inwoners in die omgewing. Winderosie en die gepaardgaande waaisand, kan, veral in die somermaande, tot groot probleme lei.  Die munisipaliteit het reeds klagtes hieroor gekry en die kontrakteur is volgens mnr Francois Myburgh, Munisipale bestuurder van die Overstrandse Gansbaai Administrasie, opdrag gegee om stof- en sandbekamping te doen.
Francois de Jongh

Behuisingsprojek op koers

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles