Lions help seuntjie hoor

Lions help seuntjie hoor

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Boats van Staden, Peet en sy ma, Elize Staples. Peet glimlag van oor tot oor oor sy gehoorstuk wat die Gansbaai Lionsklub vir hom geskenk het.

Klein Peet kan nou vir die eerste keer in sy lewe, danksy Gansbaai Lionsklub, behoorlik hoor. Die sesjarige seuntjie van Peet en Elize Staples kon tot op 3 jarige ouderdom nog nie praat nie. Daarna het hy wel woorde hard begin uitskree. Sy ouers het hom in Februarie vanjaar na 'n pediater, Dr van der Merwe, in Hermanus geneem wat vasgestel het dat hy hiperaktief is en 'n gehoorprobleem het.

Mev Olivia Coetzee, 'n oudioloog van Hermanus, het daarna sy gehoor getoets en bevind dat sy linkeroor nie fyn klanke hoor nie en dus ook nie sekere letters nie. Hy misinterpreteer dus woorde en sinne wat sy kommunikasie met ander benadeel en dit lei tot frustrasie. Elize het die president van Gansbaai Lionsklub, mnr Boats van Staden, om hulp genader.  "Hulle het die aansoek binne twee weke goedgekeur en ons was oorstelp van dankbaarheid en vreugde. Coetzee het toe 'n gehoorapparaat teen 'n baie billike prys verskaf en vandag is my kind die trotse eienaar van sy eie rooi gehoorstuk, net soos hy dit graag wou gehad het," het Elize gesê.

Francois de Jongh

Lions help seuntjie hoor

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles