September is Feesmaand

September is Feesmaand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met die eerste been van vanjaar se Fees van die Ganse, die Winter Fynbosskou en Musiekfees, pas agter die rug, kan inwoners en besoekers begin uitsien na die tweede been van die jaarlikse Fees van die Ganse, die Seekos Straatfees / Seafood Street Festival op Saterdag, 21 September in die midde-dorp.

Vele versoeke is in die verlede ontvang om die Fees van die Ganse na ‘n meer sentrale punt te verskuif, asook uit die wintertyd uit, wat nou gedoen is. Daar is op die mees praktiese sentrale punt besluit: vanaf Hoofstraat af tussen Voortrekker- en Markstrate tot by Kerkstraat, met die verhoog en hooffokusarea langs Nedbank in Markstraat. Feesitems sluit in verskeie kunstenaars, Mnr/Mej Fees van die Ganse, Klein Kaapse Klopse, Lyndansers, Kolgooi, Kindervermaak, Kaskarwedrenne, Treinritte, Stalletjies, Biertent en veel meer. Van kaskarre gepraat, die organiseerder, Jacques van Lill is dringend opsoek na enige wieletjies en ander parte vir die bou van die kaskarre. Jacques kan by 072-786-2340 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by jacquesvanlill@gmail.com.

Dan het die Feeskomitee en Herberg-Aan-See se basaarorganiseerders besluit om vanjaar saam te werk, met die basaar se Suzuki-saamtrek op die skoolgronde wat ook deel van die Fees sal vorm. Verdere opwinding is ‘n opwindende Feesliedjieskryf-kompetisie met pryse op die spel. Een van die hoogtepunte is die opvoering, Groet die Grotman, wat die aand om 20:00 in die Pretoriussaal aangebied word.

Kaartjies is reeds by die Toerismekantoor beskikbaar en vroegtydige besprekings word sterk aanbeveel. Vir enige feesnavrae, besigheidsdeelname, die feesliedjieskryf-kompetisie of kaartjies vir Groet die Grotman, kontak vir Glenda Kitley by 072-291-5564, of stuur ‘n e-pos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net. Teken nou reeds die belangrikke datum aan: Saterdag, 21 September 2013 vir ‘n feestelike Seekos Straatfees!

Hardus Botha

September is Feesmaand

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles