Met die eerste been van vanjaar se Fees van die Ganse, die Winter Fynbosskou en Musiekfees, pas agter die rug, kan inwoners en besoekers begin uitsien na die tweede been van die jaarlikse Fees van die Ganse, die Seekos Straatfees / Seafood Street Festival op Saterdag, 21 September in die midde-dorp.
Vele versoeke is in die verlede ontvang om die Fees van die Ganse na ‘n meer sentrale punt te verskuif, asook uit die wintertyd uit, wat nou gedoen is. Daar is op die mees praktiese sentrale punt besluit: vanaf Hoofstraat af tussen Voortrekker- en Markstrate tot by Kerkstraat, met die verhoog en hooffokusarea langs Nedbank in Markstraat. Feesitems sluit in verskeie kunstenaars, Mnr/Mej Fees van die Ganse, Klein Kaapse Klopse, Lyndansers, Kolgooi, Kindervermaak, Kaskarwedrenne, Treinritte, Stalletjies, Biertent en veel meer. Van kaskarre gepraat, die organiseerder, Jacques van Lill is dringend opsoek na enige wieletjies en ander parte vir die bou van die kaskarre. Jacques kan by 072-786-2340 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by jacquesvanlill@gmail.com.
Dan het die Feeskomitee en Herberg-Aan-See se basaarorganiseerders besluit om vanjaar saam te werk, met die basaar se Suzuki-saamtrek op die skoolgronde wat ook deel van die Fees sal vorm. Verdere opwinding is ‘n opwindende Feesliedjieskryf-kompetisie met pryse op die spel. Een van die hoogtepunte is die opvoering, Groet die Grotman, wat die aand om 20:00 in die Pretoriussaal aangebied word.
Kaartjies is reeds by die Toerismekantoor beskikbaar en vroegtydige besprekings word sterk aanbeveel. Vir enige feesnavrae, besigheidsdeelname, die feesliedjieskryf-kompetisie of kaartjies vir Groet die Grotman, kontak vir Glenda Kitley by 072-291-5564, of stuur ‘n e-pos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net. Teken nou reeds die belangrikke datum aan: Saterdag, 21 September 2013 vir ‘n feestelike Seekos Straatfees!
Hardus Botha
September is Feesmaand
15 August 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Learning and Fun at Masakhane Homework Hub!
Every day after school, the vibrant energy of eager young minds fills the air at Masakhane Homework Hub.
Spruce Up Your Home This Easter: Renew, Refresh, Remake!
This Easter, let's 𝗲𝗴𝗴-𝘀𝗽𝗲𝗿𝗶𝗲𝗻𝗰𝗲 𝘁𝗵𝗲 𝗷𝗼𝘆 𝗼𝗳 𝗮 𝘀𝘂𝗰𝗰𝗲𝘀𝘀𝗳𝘂𝗹 𝗵𝗼𝗺𝗲 𝘀𝗮𝗹𝗲!
Unlocking Emotional Freedom: The Ninety-Second Rule
Science shows that when a person has a reaction to something happening in their environment, there is a chemical process that happens for 90 seconds.
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 March 2024
Join us for an incredible whale and Marine Big 5 eco tour on Friday, 29 March 2024, at 09:15.
Exploring Entomology: Grootbos Foundation Visits Iziko Museum
Exciting news from the Grootbos Foundation! Our entomology team recently embarked on an enriching journey to the Iziko Museum in Cape Town.
Grootbos Garden Lodge Wins Nature Reserve Hotel of the Year 2024
Garden Lodge has been honoured as the "Nature Reserve Hotel of the Year" at the 2024 Luxe Travel Awards.