Matriekafskeid 2013 ons is reg!
Maandag 29 Julie het die matriekklas van 2013 hul formele uitnodigings na die matriekdans ontvang. Daar is reeds hard aan die werk vir die spesiale aand wat vanjaar in die skoolsaal gehou gaan word. Die groot funksie is op die 22e Augustus. En natuurlik is alle geprekke rondom rokke, skoene, pakke en grimering!