YCA weer in volle gang

YCA weer in volle gang

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jack Swart, Clinton vd Merwe, me's Matthews & Gouws en Joudun Rooi

Die “Young Communicator Ambassadors” kompetisie is weer in volle gang. Op Saterdagoggend 20 Julie het vyf leerders, Jack Swart, Monica de Gouveia, Bianca de Koning, Joudun Rooi en Clinton van der Merwe saam met Juffrouens Mona Matthews en Carla Gouws na die Paarl vir ‘n YCA werkswinkel vertrek. Hierdie organisasie word geborg deur Anglo American en The Sowetan en hul doelstelling is om leerders se aanbieding en mondelinge kommunikasie vaardighede te verbeter. Daar is ‘n Distrikskompetisie in Caledon en dan ‘n Provinsiale een later die jaar waarby die wenner ‘n studie beurs van R 65 000 kan wen.

Daar aangekom het die leerders onmiddelik begin. Groepe was gemaak met ander skole en elkeen moes vinnig ‘n toespraak oefen en dit voor almal lewer. Na ‘n lang dag was almal met koeldrank en Steers Burgers en skyfies getrakteer en die lang pad huistoe is aangedurf.  Ons leerders is nou vuur en vlam vir die distrikskompetisie in Caledon op 31 Julie. Hou die koerant dop vir die uitslae. Verlede jaar het Anneline May, tans in matriek, die distrik rondte gewen en ons op provinsiale vlak verteenwoordig.

Carla Gouws 

YCA weer in volle gang

Carla Gouws

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles