Sirkus 30ste vir Andries

Sirkus 30ste vir Andries

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Andries Laubscher as die Sirkusmeester tydens sy 30ste verjaardagvieringe, saam met een van die narre

 “Onse” singende Andries Laubscher het op 29 Julie sy 30ste lewensmylpaal bereik. Daarvoor is ‘n gesellige partytjie vir hom by Overberg Boothengelklub gereël….met ‘n “Sirkus”-tema. Genooide gaste het met baie oorspronklike sirkus-kostuums opgedaag, soos leeutemmers, sweefstok-artieste tot by narre. Die “Man-van-die-Aand” was natuurlik die Sirkusmeester (Ringmaster), Andries homself en te oordeel aan die foto’s wat ingestuur is, was dit ‘n baie gesellige verjaardagviering wat hom te beurt geval het.
Hierdie talentvolle jongman is oorspronklik van die Weskus en vandat hy sowat 13 jaar gelede na Gansbaai gekom het, het hy sy musiekloopbaan ernstig begin opneem.

Verskeie optredes het gevolg, soos Idols Supersterre, Matt Hurter se optredes, Snater Teater, vyf optredes tydens die jaarlikse Fees van die Ganse, keuring vir die Gansbaai Top 10 CD tydens 'n vorige Fees van die Ganse, optrede tydens die jaarlikse Kreef Derby, Ek kan doen met 'n Miljoen saam met Casper de Vries, die Blommefees in Darling en veel meer. Intussen is hy gekeur om aan Johan Stemmet se 39ste reeks van Noot-vir-Noot deel te neem wat heelwat later gebeeldsend sal word. "My werklike hoogtepunt in my lewe was die vrystelling van my eerste CD, Uiteindelik, gedurende 2007," vertel Andries. Intussen is sy 2de CD, Maak dit lekker, vanjaar vrygestel. Op 29 Augustus is hy weer by Prince Alfred Hamlet en 13 September in Stanford. Bedrywige jongman, maat ook uiters talentvol en Gansbaai mag maar trots wees op hom.

Hardus Botha

Sirkus 30ste vir Andries

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles