Eisteddfod

Hierdie jaar is die Engelse Spraak en Drama vir Gr R tot Gr 3 van die Overbergse Eisteddfod plaaslik by Laerskool Gansbaai aangebied.  Annette Wessels, ons skoolsekretaresse, het al die reëlings getref en haar uitstekend van haar taak gekwyt, want die dag het glad verloop.  Ons Graad 4 tot 7-leerders het op dieselfde dag ook aan die Engelse Eisteddfod te Curro, Hermanus deelgeneem. 

Al ons leerders het pragtig presteer en die volgende sertifikate is verwerf:

Graad 1: 1 x Cum Laude; 6 x Goud; 1 x Silwer
Graad 2: 3 x Goud; 3 x Silwer
Graad 3: 2 x Goud; 4 x Silwer; 1 x Eervolle Vermelding
Graad 4: 1 x Cum Laude; 4 x Goud; 4 x Silwer
Graad 5: 2 x Cum Laude; 6 x Goud; 1 x Silwer
Graad 6: 4 x Goud; 4 x Silwer; 1 x Eervolle Vermelding
Graad 7: 1 x Cum Laude; 1 x Goud; 2 x Silwer

Baie geluk aan al die leerders wat deelgeneem het.  Dankie ook aan al die onderwysers wat gehelp het met afrigting.  Ons wil ook al die ouers, asook juf Heidi Chivell bedank vir hul hulp met vervoer en al die ondersteuning by Curro Hermanus, sowel as hier in Gansbaai.  

Vickie Cilliers, Eisteddfodkoördineerder