Marco Lloyd (14) het Saterdag oggend 'n steenbras van 8kg met 'n 2/0 hoek naby Pearly Beach gevang. Hy is die kleinseun van Susan & George Lloyd te Kleinbaai. Dit is moontlik die grootste vis wat die afgelope naweek gevang is, die Provinsiale Boothengel Kompetisie (bl. 29) ten spyt.