Dit gaan lekker

Dit gaan lekker

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Links staan Rochelle Lawson met die uitsonderlike banksteenbras, dan pa Lanny, ma Annemarie en dan dogter Rouxjeanne, wat almal help vis vashou.

Laas week was die weer wisselvallig, maar teen Vrydag het die wind so gaan lê dat die manne die snoek by Dassiegat kon gaan vang en dit het heel goed gegaan en groot snoeke is aan boord gebring. Meeste van hierdie vis was, verbasend genoeg, in goeie kondisie en die ouens wat geweet het hoe om te maak, het nie probleme gehad om te maai onder hulle nie. Met die skoonmaak kon jy agterkom dat die snoek se pense sommer goed gevul was en dis moontlik die rede waarom hulle so skelm en traag gebyt het. Saterdag was weer ‘n baie mooi dag met die wind wat die oggend so half koud in jou nek geblaas het. Later het die windjie gaan lê en was dit nie ‘n mooi dag op see nie!

Donderdag en Vrydag het die bote aan die Kleinbaaikant ‘n paar mooi geelbekke uitgebring en heelwat makriel is ook gevang. Die vis het egter diep gelê en die wat dit nie so ver in wou waag nie, het net gehoor van hierdie visse. ‘n Uitsonderlike vangs was gewees ‘n banksteenbras (hy lyk soos ‘n witsteenbras maar is swarterig) en is later deur ‘n buitestander as sulks uitgeken. Net duskant die Haaibank is mooi vangste silwervis en roman gemaak.

‘n Waarskuwing aan boothengelaars  --  pas op vir die penhaai. Daar is in die laaste tyd nogal baie van hulle gevang. Die haai wat baie soos die vaalhaai lyk word dadelik uitgeken aan die uitsonderlike helderblou oë. Die gevaar bestaan in die baie skerp penne wat so half agter die vinne versteek is en indien versigtigheid nie aan die dag gelê word nie is daar groot probleme. Let asb. op. Baie groete, Seemeeu

Die voorlaaste paar vertalings:
Live bait plugs, 17 cm floating baits - lewende aasproppe, en 17cm-dryfaas,
Elf can be caught on spinners, but pilchards with a red float and bite trace give excellent results - elf kan met lepels gevang word maar sardyn met ‘n rooi dobber aan ‘n aaslyn lewer uitstekende resultate,
Tackle - gerei,
Tracer line - stroplyn,
Surface baits - oppervlakase.

Dit gaan lekker

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles