Stormsee eis Vistreiler

Stormsee eis Vistreiler

Gansbaai Courant

Die St Croix, ‘n stokvis-treiler van Dyer Eiland Visserye, wat verlede Saterdag deur erge stormweer in die nuwe hawe losgeruk en deur seestrome meegesleur is.

Stormsee met rukwinde van tot sowat 125km/uur het verlede Saterdag, 17 Augustus ernstige skade aan die stokvis-treiler, St Croix in Gansbaai se nuwe hawe aangerig. Die dik kettings waarmee die boot vasgemeer was, is letterlik soos vuurhoutjies gebreek. Die boot is in die boonste gedeelte van die nuwe hawe losgeruk en met ‘n draai meegesleur tot by die beginpunt van die muur op pad na waar die vistreilers vasgemeer word.

Die St Croix behoort aan Dyer Eiland Visserye van Bertie Ramsauer in die hawe-gebied. “Dis belangrik om eerstens te sê dat voldoende voorsorgmaatreëls getref is en dat die boot geen besoedelingsgevaar inhou nie,” het Bertie gesê. Met verwysing na voorlopige skade, blyk dit dat die sykante van die boot erg beskadig is, met die enjinkamer wat onder water was. Die elektriese sisteem is ook tot niet.

“Ons het pas klaargemaak met algemene herstelwerk wat sowat 5½ maande geduur het om die boot vir die seisoen gereed te kry en nou is alles daarmee heen.” Bertie sê dit kan tussen R1½ en R2m kos om die boot te herstel, wat dit bykans nie die moeite werd maak nie. Om te wag vir ‘n nuwe boot, kan hulle tot soveel as 3 jaar buite aksie stel. Interessante opmerkings oor die redes vir die 4de boot, sover vasgestel kon word, wat op soortgelyke wyse deur erge stormweer vernietig of beskadig is, is aangehoor. “Eerstens is dit vanselfsprekend die geweldige stormsee en rukwinde, maar dit is nie al nie,” het Bertie gesê. “Dan is daar ook nog die ‘insuig’ van sterk strome seewater in die hawe in, en die teenoorgestelde wanneer die seewater weer ‘uitgesuig’ word.” Die massa water wat tydens stormweer oor die hawemuur spoel, beteken dat tonne seewater binne sekondes oorspoel en groot skade tot gevolg kan hê. Na bewering kan die probleem verminder word indien die Dept van Openbare Werke eerstens aandag aan die hawemuur moet skenk en tweedens heelwat meer dolosse op strategiese plekke sal plaas. “‘n Totale vloot van vistreilers kan op hierdie wyse in erge stormsee en rukwinde uitgewis word,” het Bertie gesê.

Hardus Botha

Stormsee eis Vistreiler

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles