Stormsee eis Vistreiler

Stormsee eis Vistreiler

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die St Croix, ‘n stokvis-treiler van Dyer Eiland Visserye, wat verlede Saterdag deur erge stormweer in die nuwe hawe losgeruk en deur seestrome meegesleur is.

Stormsee met rukwinde van tot sowat 125km/uur het verlede Saterdag, 17 Augustus ernstige skade aan die stokvis-treiler, St Croix in Gansbaai se nuwe hawe aangerig. Die dik kettings waarmee die boot vasgemeer was, is letterlik soos vuurhoutjies gebreek. Die boot is in die boonste gedeelte van die nuwe hawe losgeruk en met ‘n draai meegesleur tot by die beginpunt van die muur op pad na waar die vistreilers vasgemeer word.

Die St Croix behoort aan Dyer Eiland Visserye van Bertie Ramsauer in die hawe-gebied. “Dis belangrik om eerstens te sê dat voldoende voorsorgmaatreëls getref is en dat die boot geen besoedelingsgevaar inhou nie,” het Bertie gesê. Met verwysing na voorlopige skade, blyk dit dat die sykante van die boot erg beskadig is, met die enjinkamer wat onder water was. Die elektriese sisteem is ook tot niet.

“Ons het pas klaargemaak met algemene herstelwerk wat sowat 5½ maande geduur het om die boot vir die seisoen gereed te kry en nou is alles daarmee heen.” Bertie sê dit kan tussen R1½ en R2m kos om die boot te herstel, wat dit bykans nie die moeite werd maak nie. Om te wag vir ‘n nuwe boot, kan hulle tot soveel as 3 jaar buite aksie stel. Interessante opmerkings oor die redes vir die 4de boot, sover vasgestel kon word, wat op soortgelyke wyse deur erge stormweer vernietig of beskadig is, is aangehoor. “Eerstens is dit vanselfsprekend die geweldige stormsee en rukwinde, maar dit is nie al nie,” het Bertie gesê. “Dan is daar ook nog die ‘insuig’ van sterk strome seewater in die hawe in, en die teenoorgestelde wanneer die seewater weer ‘uitgesuig’ word.” Die massa water wat tydens stormweer oor die hawemuur spoel, beteken dat tonne seewater binne sekondes oorspoel en groot skade tot gevolg kan hê. Na bewering kan die probleem verminder word indien die Dept van Openbare Werke eerstens aandag aan die hawemuur moet skenk en tweedens heelwat meer dolosse op strategiese plekke sal plaas. “‘n Totale vloot van vistreilers kan op hierdie wyse in erge stormsee en rukwinde uitgewis word,” het Bertie gesê.

Hardus Botha

Stormsee eis Vistreiler

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles