Vrolike Fynbos en Musiekfees

Vrolike Fynbos en Musiekfees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Mej Fynbossie, Jancke Otto en Mnr Fynbossie, Henrique Lourens.

Foto: Nina Martin

Die 1ste been van 2013 se Fees van die Ganse, die Winter Fynbosskou en Musiekfees, het vrolik en gesellig afgeskop en getuig van sukses op die harde werk wat gedoen is. Veral diegene wat die verruklike Winter Fynbos-uitstalling in Gansbaai Academia se skoolsaal misgeloop het, het baie om oor jammer te wees…dit was weer eens “vanuit ‘n ander wêreld”. Selfs die skoolhoof, mnr Tommy Wilson, het sy siekverlof ná ‘n ernstige operasie, vir ‘n dag prysgegee en vanaf Worcester gery om die uitstalling se skoonheid saam met sy eggenote, Julia te kom bewonder. Vanjaar se Winter Fynbosskou is onder leiding van Anita Botha en Aletta Groenewald saamgestel, “met ‘n Fynbosspan wat ongelooflike werk verrig het,” het Anita gesê. Vanuit die geledere van Gansbaai Toerisme, onder leiding van die Bestuurder, Glenda Kitley, is alles moontlik gedoen om ‘n sukses van die fees te maak.

Die omgewing se talentvolle kunstenaars wat gereël is, is (alfabeties): Baardskeerdersbos se Boeremusiekmanne onder leiding van Manie Groenewald, Eddie Barnard, Jamborie Band, Leon Carstens, Liezel Mostert, Matt Human, Matt Hurter, Pieter van der Merwe, Steven Bernhardt en Arista Paxton van Kaapstad. Tydens die prestige aandete het Hendrik Britz met sy panfluit en 2@T van Joe Bezuidenhout met sang, ook vir goeie vermaak gesorg. Die uitstekende 3-gang maaltyd ten bate van Gansbaai Academia, is smaakvol en met sorg deur die skool se Toerisme-leerders onder leiding van Helene Segal voorberei en bedien.

Etlike stalletjies, ingesluit die pragtige kunsuitstalling deur plaaslike kunstenaars, het gesorg vir meer as genoeg vir die besoeker om aan te skaf. Die Teetuin, ook ten bate van Gansbaai Academia en onder leiding van Carla Gouws en haar helpers, het deurgaans vir smaaklike verversings gesorg. Groot opgewondenheid het onder kinders geheers oor die kies van ‘n Mnr/Mej Fynbossie. Die wenners was Mej Fynbossie - Jancke Otto en Mnr Fynbossie - Henrique Lourens. Hulle het elk ‘n walvisbesigtigingsprys, ouers ingesluit, van Ivanhoe Sea Safaries ontvang. Die 1e en 2e Prinsesse was Carmen Fortuin en Abigail Terblanche, met die 1e en 2e Prinse as Lee Vanjo en Jordan. Die beoordelaars was Elzaan van Lill (2012 se Mej Fees van die Ganse), Jacques van Lill en Greta Olivier.

Die gebruiklike Interkerklike Erediens is deur ds Dennis Naidoo gelei. Puik koorsang is deur die Gansbaai Academia koor, die VGK-koor en die VGK-mannekoor gelewer. “Oorkoepelend is ons dankbaar dat die fees baie goed afgeloop het en die vorms vir kommentaar wat versprei is, het deurgaans op goed tot uitstekend gedui,” het Glenda gesê. Sowat 1,000+ besoekers het die fees gedurende die 2 dae bygewoon. ‘n Volledige lys van bedankings sal in die volgende uitgawe van Gansbaai Courant geplaas word.
Hardus Botha


Die gedugte groepie Toerismeleerders van Gansbaai Academia wat, onder leiding van Helene Senegal, vir twee prestige-etes gesorg het

Vrolike Fynbos en Musiekfees

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles