Interskole

 Interskole

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Gees van opgewondenheid en afwagting heers vandeesweek by die Laerskool Gansbaai. Die rede? Saterdag vind een van die hoogtepunte van die jaar tuis plaas: Interskole-sport.

Die Gansies ontvang dan die Akkedissies van die Laerskool De Villiers Graaff op Villiersdorp vir die vyfde jaarlikse kragmeting tussen dié twee skole. Terwyl rugby- en netbalspanne sake uitspook, sal die res van die leerders, onderwysers, pa's en ma's, oupas en oumas en ander belangstellendes langs die veld en baan ewe geesdriftig meedoen. Kortom, dit sal 'n dag wees van gesonde mededinging en heerlike vermaak vir alle betrokkenes. 

Agter: vlnr: Alzeed, Nieldre, Charl, Nicolas. Voor: vlnr: George, AJ, Frederick, Hayward, Nython

Mnr. Eben van der Merwe, hoof van die Laerskool Gansbaai, het die hoop uitgespreek dat elke speler se opoffering en toewyding aan sport Saterdag sal vrugte afwerp en dat die uiteindelike doel sal wees dat almal in goeie sportmangees kragte meet. "Nie net is dit 'n genotvolle manier vir ons leerders om die winterprogram mee af te sluit nie. Dit skep ook geleentheid om die kameraadskap tussen ons twee skole uit te bou. Ons glo die dag sal weer 'n besondere ervaring wees," sê hy. Verlede Saterdag het die onoorwonne O/9-rugbyspan van Gansbaai saam met hul afrigters en ouers 'n spanbousessie op 'n plaas naby Pearly Beach gehou. Ondanks die gure weer was dit 'n inspirerende byeenkoms en die knapies lyk oorgehaal om hul skool en gemeenskap trots te maak. Die gasheer en -vrou, Gert Hattingh en Adéle Eksteen, het 'n heerlike verrassing vir elke speler gehad -- sy eie splinternuwe rugbybal. Vanmiddag (Donderdag) kry die ander Gansies ook kans om in die regte stemming vir Interskole te kom met die sg. Groot Brag in die skoolsaal. Die plaaslike spanne word dan aan ouers en ander gaste voorgestel, met liedjies tussen-in.

Die program vir Saterdag is: NETBAL: 08h30: O/7B, 0/8B, O/10B; 08h55: O/7A, O/8A, O/11B; 09h20: O/9B, O/11A, O/13B; 09h45: O/10A, O/12B; 10h10: O/9A, O/12A; 10h50: Voorstelling van O/13A-netbalspanne op rugbyveld voor klubhuis; 11h15: O/13A. RUGBY: 08h30: O/7; 09h00: O/8; 09h30: O/9; 10h00: 0/11; 12h00: Voorstelling van O/13A-rugbyspanne op rugbyveld voor klubhuis. Skoollied van albei skole word gesing en krete geroep; 12h20: O/13A.

Gerrit Cloete

 Interskole

Gerrit Cloete

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles