Fynbos en Musiek Expo

Fynbos en Musiek Expo

Gansbaai Courant

Die realistiese brandtoneel tydens die Fynbos- & Musiekfees

Die 2013 Gansbaai Fynbos Expo het gekom en veels te gou gegaan. Daar is maande lank aan beplan en reëlings getref vir hierdie aanbieding, wat vanjaar in ‘n nuwe formaat aangebied is. Die deelnemers, almal vrywilligers, het eers die veld en plase ingevaar waar boere en grondeienaars GRATIS en met entoesiasme die blomme en plante beskikbaar gestel het. Elke blom, plant en spesievoorbeeld is daarna met sorg uitgesoek. Tydens die opstel van die uistalling in Gansbaai Academia se skoolsaal was dit opmerklik hoe elkeen van die deelnemers met passie en toewyding kop omlaag geswoeg het om hierdie keur van ons omgewing se fynbos te vertoon. En het hulle almal nie uitstekend daarin geslaag nie! Om enigiemand uit te sonder is ‘n gans onmoontlike taak, maar die leiding van Anita Botha en Aletta Groenewald, asook Gansbaai Academia se samewerking verdien spesiale vermelding. Ook Glenda Kitley se organisering van alles wat plaasgevind het word waardeer.

Haar toewyding was opvallend. Aan elkeen van die persone en werkers wat op welke manier ookal ‘n bydrae gelewer het, kan ons net ons hoogste lof en waardering betuig. Woorde kan nooit daaraan reg laat geskied nie. Ek en die Gansbaai Toerismeburo wil langs hierdie weg graag elke ander persoon wat by die geleentheid betrokke was, van harte bedank, hetsy stalletjiehouers, musikante, kelners, skoolpersoneel, komiteelede, Munisipaliteit, gaste, besoekers, ens. ens. Die nabetragting waar die hele naweek “uitgepluis” sal word, sal so gou moontlik gehou word. Ons begin ook nou reeds elkeen op ons eie manier beplan vir 2014 se Gansbaai Fynbos & Musiek Expo. Ons sien daarna uit om hierdie nuwe aanbieding as ‘n spoggeleentheid verder uit te bou en te vestig vir Gansbaai en die Overstrand.  

Johan Pieterse, Voorsitter : Gansbaai Toerismeburo

Fynbos en Musiek Expo

Johan Pieterse

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles