Fynbos en Musiek Expo

Fynbos en Musiek Expo

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die realistiese brandtoneel tydens die Fynbos- & Musiekfees

Die 2013 Gansbaai Fynbos Expo het gekom en veels te gou gegaan. Daar is maande lank aan beplan en reëlings getref vir hierdie aanbieding, wat vanjaar in ‘n nuwe formaat aangebied is. Die deelnemers, almal vrywilligers, het eers die veld en plase ingevaar waar boere en grondeienaars GRATIS en met entoesiasme die blomme en plante beskikbaar gestel het. Elke blom, plant en spesievoorbeeld is daarna met sorg uitgesoek. Tydens die opstel van die uistalling in Gansbaai Academia se skoolsaal was dit opmerklik hoe elkeen van die deelnemers met passie en toewyding kop omlaag geswoeg het om hierdie keur van ons omgewing se fynbos te vertoon. En het hulle almal nie uitstekend daarin geslaag nie! Om enigiemand uit te sonder is ‘n gans onmoontlike taak, maar die leiding van Anita Botha en Aletta Groenewald, asook Gansbaai Academia se samewerking verdien spesiale vermelding. Ook Glenda Kitley se organisering van alles wat plaasgevind het word waardeer.

Haar toewyding was opvallend. Aan elkeen van die persone en werkers wat op welke manier ookal ‘n bydrae gelewer het, kan ons net ons hoogste lof en waardering betuig. Woorde kan nooit daaraan reg laat geskied nie. Ek en die Gansbaai Toerismeburo wil langs hierdie weg graag elke ander persoon wat by die geleentheid betrokke was, van harte bedank, hetsy stalletjiehouers, musikante, kelners, skoolpersoneel, komiteelede, Munisipaliteit, gaste, besoekers, ens. ens. Die nabetragting waar die hele naweek “uitgepluis” sal word, sal so gou moontlik gehou word. Ons begin ook nou reeds elkeen op ons eie manier beplan vir 2014 se Gansbaai Fynbos & Musiek Expo. Ons sien daarna uit om hierdie nuwe aanbieding as ‘n spoggeleentheid verder uit te bou en te vestig vir Gansbaai en die Overstrand.  

Johan Pieterse, Voorsitter : Gansbaai Toerismeburo

Fynbos en Musiek Expo

Johan Pieterse

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles