Kleuters se uitstappie

Kleuters se uitstappie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Flower Valley Voorskool se kleuters het etlike besighede en instansies in Gansbaai op 2 Augustus besoek. Dit was omtrent ‘n konsternasie om dié nuuskierigheid dop te hou. Die uitstappie het deel gevorm van die skool se kurrikulum onder die tema: Verskillende Werke. Die plaaslike veearts, dr Liesel Trollope, se spreekkamer is besoek, waar hulle ingelig is en ook die geleentheid ontvang het om ‘n hond te was. (Die hond het dit wel oorleef!)


‘n Interessante besoek aan dr Liesel Trollope, plaaslike veearts, se spreekkamers

By Gansbaai Poskantoor het die jong leerders meer geleer oor hoe ‘n brief by sy bestemming beland. By Gansbaai OK Foods is verskillende afdelings van die winkel besoek, terwyl elke kleuter ‘n geskenkie ontvang het. Hulle uitstappie is by Gansbaai Biblioteek afgesluit, maar nie voordat daar op die gras voor die munisipale kantore piekniek gehou is nie. In die Biblioteek is ‘n storie aan hulle voorgelees, met nog ‘n geskenkie wat aan elkeen uitgedeel is. Flower Valley Voorskool bedank graag die betrokke besighede en organisasies wat die uitstappie moontlik gemaak het en wat gesorg het vir ‘n leersame dag in Gansbaai vir die kleuters.

Vir enige navrae oor die Flower Valley Voorskool kan Natasha Forbes by 072-150-4826 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan haar by elc@flowervalley.co.za.   
Hardus Botha


In Gansbaai OK Foods is selfs die vleisrakke behoorlik “ge-inspekteer”

Kleuters se uitstappie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles