HaS se nuwe Bestuurder

HaS se nuwe Bestuurder

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

HaS se nuwe Bestuurder, John van Rooyen, saam met Anita van Dyk (links) en Suster Linda Meyer

Herberg-aan-See (HaS) se langverwagte Bestuurder, John van Rooyen, is saam met sy eggenote, Marlene, op 15 Augustus amptelik tydens ‘n geselligheid verwelkom. “Dit is noodsaaklik dat iemand in beheer moet wees en van die begin af was dit duidelik dat John in die inwoners se harte sal inkruip,” het Joe Mangiagalli, voorsitter van die Beheerraad gesê. Op haar beurt het Suster Linda Meyer gesê: “Ek en Anita van Dyk het die fort oor vele jare heen probeer hou, maar ek is dankbaar die regte persoon is nou uiteindelik aangestel en hy sal sonder twyfel ‘n groot aanwins vir ons wees.” Ds Dirk van Dyk het in sy verwelkomingsboodskap gesê die NG-gemeente het ‘n groot verbondenheid met HaS, waarop altyd staatgemaak kan word. Marlene het die Beheerraad, personeel, inwoners en die gemeenskap bedank vir die wonderlike wyse waarop hulle ontvang en deel van die span gemaak is. “Dit is vir ons ‘n unieke voorreg en ons glo die Here het ons ge-‘hijack’ en ons hier geplaas,” het sy gesê.

John is op 2 November 1954 in Newcastle, KwaZulu-Natal gebore, waar hy ook grootgeword het en sy hoërskoolloopbaan voltooi het. Na twee jaar militêre opleiding in die Suid-Afrikaanse Lugmag, het hy vir 22 jaar in ESKOM se Menslike Hulpbronne Afdeling gewerk. John het verskeie buitemuurse studies, hoofsaaklik Menslike Hulpbronne en Bestuur, suksesvol deurloop. Tot en met sy aftrede in 1996 het hy reeds vanaf ‘n vroeë ouderdom etlike bestuursposte beklee en het ook deel van ESKOM se Bestuur gevorm. Na sy aftrede het hy ‘n nuwe winkelgroep in die Wes-Kaap gestig, waarmee hy groot suksesse behaal.

Daarna bestuur die egpaar ‘n enorme Wildsplaas in die Beaufort-Wes omgewing vir 3 jaar, waarna hulle finaal in Kleinmond tot ruste kom, waar hulle vir die afgelope 2 jaar woon. John is op 11 Desember 1976 met sy “skool-kys”, Marlene in die huwelik bevestig. Hulle het een seun, Stephan in die wynbedryf, wat met Elzaan getroud is. Die egpaar steun sterk op hulle geestelike lewens. Hulle behoort teen Novem-ber vanjaar permanent na Gansbaai te verhuis.

Suster Linda het die pos van Bestuurder vir die afgelope 20 jaar bekleë, insluitend haar verantwoordelikhede ten opsigte van verpleging. Ondanks haar uitstekende bestuur van die Tehuis, sê sy dat sy nie ‘n “papiermens” is nie. Sy bly onbepaald aan terwille van hulpverlening, maar hoofsaaklik om voluit op verpleging te fokus. Vir navrae kan die Tehuis by 028-384-0501 geskakel word.            
                                                      
Hardus Botha

HaS se nuwe Bestuurder

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles