HaS se nuwe Bestuurder

HaS se nuwe Bestuurder

Gansbaai Courant

HaS se nuwe Bestuurder, John van Rooyen, saam met Anita van Dyk (links) en Suster Linda Meyer

Herberg-aan-See (HaS) se langverwagte Bestuurder, John van Rooyen, is saam met sy eggenote, Marlene, op 15 Augustus amptelik tydens ‘n geselligheid verwelkom. “Dit is noodsaaklik dat iemand in beheer moet wees en van die begin af was dit duidelik dat John in die inwoners se harte sal inkruip,” het Joe Mangiagalli, voorsitter van die Beheerraad gesê. Op haar beurt het Suster Linda Meyer gesê: “Ek en Anita van Dyk het die fort oor vele jare heen probeer hou, maar ek is dankbaar die regte persoon is nou uiteindelik aangestel en hy sal sonder twyfel ‘n groot aanwins vir ons wees.” Ds Dirk van Dyk het in sy verwelkomingsboodskap gesê die NG-gemeente het ‘n groot verbondenheid met HaS, waarop altyd staatgemaak kan word. Marlene het die Beheerraad, personeel, inwoners en die gemeenskap bedank vir die wonderlike wyse waarop hulle ontvang en deel van die span gemaak is. “Dit is vir ons ‘n unieke voorreg en ons glo die Here het ons ge-‘hijack’ en ons hier geplaas,” het sy gesê.

John is op 2 November 1954 in Newcastle, KwaZulu-Natal gebore, waar hy ook grootgeword het en sy hoërskoolloopbaan voltooi het. Na twee jaar militêre opleiding in die Suid-Afrikaanse Lugmag, het hy vir 22 jaar in ESKOM se Menslike Hulpbronne Afdeling gewerk. John het verskeie buitemuurse studies, hoofsaaklik Menslike Hulpbronne en Bestuur, suksesvol deurloop. Tot en met sy aftrede in 1996 het hy reeds vanaf ‘n vroeë ouderdom etlike bestuursposte beklee en het ook deel van ESKOM se Bestuur gevorm. Na sy aftrede het hy ‘n nuwe winkelgroep in die Wes-Kaap gestig, waarmee hy groot suksesse behaal.

Daarna bestuur die egpaar ‘n enorme Wildsplaas in die Beaufort-Wes omgewing vir 3 jaar, waarna hulle finaal in Kleinmond tot ruste kom, waar hulle vir die afgelope 2 jaar woon. John is op 11 Desember 1976 met sy “skool-kys”, Marlene in die huwelik bevestig. Hulle het een seun, Stephan in die wynbedryf, wat met Elzaan getroud is. Die egpaar steun sterk op hulle geestelike lewens. Hulle behoort teen Novem-ber vanjaar permanent na Gansbaai te verhuis.

Suster Linda het die pos van Bestuurder vir die afgelope 20 jaar bekleë, insluitend haar verantwoordelikhede ten opsigte van verpleging. Ondanks haar uitstekende bestuur van die Tehuis, sê sy dat sy nie ‘n “papiermens” is nie. Sy bly onbepaald aan terwille van hulpverlening, maar hoofsaaklik om voluit op verpleging te fokus. Vir navrae kan die Tehuis by 028-384-0501 geskakel word.            
                                                      
Hardus Botha

HaS se nuwe Bestuurder

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles