Rachels Angels en JSR van Academia vier Vrouedag

Fareza Abrahams, Sophie Lourens en Bianca de Koning

Die Rachel’s Angels en Junior Stadsraad lede by Academia het die senior dames van Herberg-aan-See lekker bederf. Die groep leerders het die dames se naels versorg, hare gedoen en masserings gedoen. Geskenkpakkies en peuselhappies is ook uitgedeel. Daar is ook voordrag gelewer om die dag verder op te helder. Dit is vir Academia baie belangrik om terug te gee aan die gemeenskap omdat die gemeenskap so baie vir die skool doen.      

Liezel Mostert