BARC se nuwe Veldwagter

BARC se nuwe Veldwagter

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Birkenhead Animal Rescue Centre, of te wel Gansbaai se BARC soos dié organisasie alom bekendstaan, het verlede week ‘n nuwe Veldwagter, Antonie Jordaan, gekry. Hy vervang vir Phillip Schreck, wat sedert 2010 uitstekende en entoesiastiese diens as BARC se Veldwagter gelewer het. Phillip het onlangs om persoonlike redes bedank.

Antonie Jordaan, BARC se nuwe Veldwagter

Antonie is al vir 25+ jare ‘n Gansbaaier en behoort vir vele Gansbaaiers ‘n bekende gesig te wees. Aanvanklik is hy uit nood gevra om uit te help, maar hy het besluit om permanent betrokke te raak. “Ek weet dat ek die werk as Veldwagter sal geniet, aangesien ek ook baie lief vir diere is,” het hy gesê. Dit gaan steeds goed met BARC, asook met hulle Tweedehandse Winkel, danksy skenkings deur die gemeenskap. Tweedehandse artikels, hoe “oud” ookal, soos veral kombuisware, linne, gordyne, handdoeke, ornamentjies en enige ander snuisterye word deurlopend benodig. Finansiële bydraes ten bate van BARC kan direk in die volgende bankrekening inbetaal word (meld net die donateur se naam, of “anoniem” indien so verkies): BARC - Nedbank Gansbaai - Takkode 196 005 - Rekeningnommer 149 810 3006 - Spaarrekening. “Ons Facebook-blad, “BARC Gansbaai Animal Welfare”, het baie gewild geraak, ook in oorsese lande,” vertel Annalie Jonker van BARC. Vir enige navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie by 082-826-0631 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by maynestay@axxess.co.za.

Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere, kan Antonie Jordaan (Veldwerker) by 083-742-3903 (onveranderd) geskakel word.

Hardus Botha

BARC se nuwe Veldwagter

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles