Wees rustig

Wees rustig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Indien die weervooruitspelling vir hierdie week korrek is gaan daar nie veel aan verander nie en is tipiese winterweer nog met ons. Daar is nie veel om oor te berig nie aangesien see toe gaan weens die onstuimige water as ’t ware onmoontlik was. Hoewel jou hart jou anders probeer wysmaak het, is die bote wat in die nood beland het, genoeg bewys om jou te oortuig dat gesonde verstand gevolg moet word.

Al wat blyk goed te wees is dat hierdie seewind normaalweg behoort te sorg vir vis soos geelbek, en aangesien  hierdie situasie al ‘n ruk duur, dit tog op die ou einde so  sal uitwerk. So ver het die wind nog nie behoorlik gesorg vir resultate nie. Met twee of drie weke se aanhoudende seewinde (wes- en noordwes) móét vooruitsigte verbeter. Die ander vraag is, sal die snoek nog met ons wees? Toe die weer ons so paar dae terug toegelaat het om hierdie visse, veral by Dassiegat, behoorlik by te kom, het hulle al skelm gebyt, maar dit was omdat hulle so vol aasvis was. Niemand kan op die oomblik met sekerheid bepaal of hulle nog met ons gaan wees nie, maar die huidige weer maak enigiets moontlik.

‘n Beter keuse sal wees vir die manne met die lang stokke om vanaf die kant te probeer. Die kwaai water het ook ‘n sterk stroom tot gevolg gehad wat hierdie opsie ook nie ‘n gewilde ene gemaak het nie  --  maar darem veiliger!

‘n Groepie hengelaars is teen die tyd dat die Courant verskyn, reeds by Blombos, en almal wat hierdie area ken sal baie jaloers op hulle wees. Ek beskou dit as ons “Suidwes”. Dis dan ook hierdie tyd van die jaar wat jy daardie vet galjoene daar vind. En so groot dat jou familierooster gans te klein is. Die los vet kan met ‘n koppie uit die gevlekte lyf geskep word, dan is daar nog ‘n vetlaag onder die vel. Dís mos ‘n galjoen! Kom ons hoop dat die weer gaan saamspeel en wanneer Piet van Zyl sy spannetjie se ondervindinge oor ‘n week of so met ons deel, dit net lekker nuus gaan wees.

Lekker vang, Seemeeu

Wees rustig

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles