Loslitdag optog

Loslitdag optog

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Munisipaliteit beplan ‘n gesellige Loslitdag-optog ten bate van die Tehuis vir Gestremdes te Elim op Vrydag, 6 September. Alle geregistreerde deelnemers aan Loslitdag, wat deur ABSA geborg word, word uitgenooi om met oorgawe aan die verrigtinge deel te neem. “Ons geniet elke jaar hierdie lekker en vrolike dag, maar besef ons regtig dat dit oor gestremdheid gaan?” - Gansbaai Munisipaliteit. Alle besighede, groepe en individue van Gansbaai word genooi om by die munisipaliteit se optog aan te sluit. “Bring jouself, jou groep, ‘n groot ‘smile’, ‘n groot gees en jou bydrae!”

Groepe kan elk op ‘n unieke manier en prettige uitrustings, bykomstighede en plakkate van hul eie keuse aan die optog deelneem. Alle Gansbaaiers word uitgenooi om te kom kyk, saam te stap en ook deur die loop van die oggend enige bydraes te kom uitpak “en kom maak met ‘style’ en ‘n ‘smile’ ‘n verskil in gestremdes se lewens”. Die beplande optog begin om 07:00 by die helikopter-landingstrook (oorkant Gansbaai SAPD) en die optoggangers stap dan met Hoofstraat langs tot by die munisipale kantore. Daar sal haaie en walvisse in kalk-buitelyne wees wat met nie-bederfbare produkte soos blikkieskos, skoonmaakmiddels, toiletware, lekkers, klere, skryfbehoeftes ensovoorts volgepak kan word. Lees in volgende week se Gansbaai Courant meer oor die Elim Home en Mizpah School in Elim.

Vir navrae oor die optog kan Marzaan Middleton van Gansbaai Munisipaliteit by 028-384-8300 gekontak word.                          
Hardus Botha

Loslitdag optog

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles