Optog deur Vrouens met Hoop

Optog deur Vrouens met Hoop

Gansbaai Courant

Die groot groep Interkerklike vrouens van Blompark voor die Pretoriussaal voordat daar met hulle Vrouemaand-optog begin is

Die koppe het behoorlik verlede Saterdag gedraai toe sowat 70 vrouens van verskillend gemeentes in Blompark by die Pretoriussaal saamgedrom het om met ‘n goedgekeurde optog deur Hoofstraat te begin. Hulle was in mooi pienk T-hemde getooi, met ‘n boodskap van Hoop aan almal. “Hierdie is nie sommer net nog ‘n optog deur die strate nie, ons stap soos gelowiges saam as vrouens met blydskap in ons harte!” Marelize Slinger vertel dat die Interkerklike Susters van Blompark op die optog besluit het aangesien Augustusmaand as Vrouemaand gevier word. “Ons doel was om vroue daarvan bewus te maak dat daar Hoop by Jesus Christus is,” het sy gesê. “Veral vroue wat gebuk gaan onder probleme met dwelmverslaafde kinders moet weet dat Jesus ‘n verskil kan maak.”

Die vrouens het met die sing van lofliedere deur die middedorp tot in Blompark gestap. By verskeie punte het die optog tot stilstand gekom en is getuienisse aan omstanders gelewer. Om 16:00 het hulle die optog by die Nuwe Lewe Pinkster Kerk in Blompark afgesluit. Daar het hulle moeg, maar opgewonde, saamgekuier en sop, broodjies, tee en koek geniet. “Ons bedank graag vir Gansbaai Munisipaliteit vir die nodige toestemming vir die optog, asook vir die veilige verkeersbegeleiding,” sê Marelize. “Dankie ook aan ons borge vir die optog, Great White Shark Tours en White Shark Projects.” Een van die opvallende plakkate het gelui: “Arise women, Arise!”
Hardus Botha 

Optog deur Vrouens met Hoop

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles