Basaarvoorbereiding

Basaarvoorbereiding

Gansbaai Courant

Die ywerige groep dames besig met die voorbereiding van Basaarpasteie wat vir Herberg-aan-See se basaar gebak gaan word

Die voorbereiding vir die gewilde basaar ten bate van Herberg-aan-See (HaS) is volstoom aan die gang. Gansbaai Courant het by die Pretoriussaal gaan inloer en ‘n groep ywerige dames daar gekry - hard besig om “Basaarpasteie” voor te berei wat gebak gaan word. “Verlede jaar het ons 2,229 pasteie gebak en vanjaar sal daar 2,424 pasteie wees,” vertel Francia van Dyk, sameroeper. Sy sê sowat 14 dames het binne die bestek van 2 dae (slegs 3 ure per dag) die voorbereiding vir die groot hoeveelheid pasteie gedoen. Kennis kan nou reeds geneem word dat die 2de been van die Fees van die Ganse wat op 21 September met die basaar sou saamval, weens verskeie faktore na Saterdag, 7 Desember vanjaar uitgestel is. (Volledige inligting in die volgende uitgawe). Dit kan net beklemtoon word dat HaS se basaar nie deur hierdie besluit geraak word nie, en ook nie die “Groet die Grotman”-vertoning nie. Daar kan dus steeds na HaS se basaar uitgesien word.

Vir navrae, hulpverlening en/of donasies ten opsigte van die basaar, kan Francia van Dyk by 028-384-0262 of 082-551-3613 gekontak word.

Hardus Botha

Basaarvoorbereiding

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles