AfriForum woeker in die Wes Kaap

AfriForum woeker in die Wes Kaap

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

AfriForum het ná ’n baie suksesvolle jaar landswyd, en veral in die Wes-Kaap, besluit om sy vlerke verder te sprei.  Tydens ’n vergadering met gemeenskapsleiers in die burgersentrum op Hermanus het AfriForum, op aandrang van plaaslike leiers van verskeie dorpe, besluit om ’n AfriForum-tak in die Overstrand-gebied te vestig.  Die 144 lede van die voormalige De Mond-tak is na Overstrand se nuwe tak oorgedra. Marianne Rossouw is as interim voorsitter aangewys. 

Pieter Rautenbach, die hoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum was die gasspreker. Rautenbach het inwoners meegedeel dat AfriForum in 2013 vanaf ongeveer 30 000 lede gegroei het tot 66 000 lede.  Landswyd is daar reeds 120 aktiewe takke gevestig.  Rossouw het gesê enige munisipaliteit of polisiestasie kan hoër hoogtes bereik as daar ʼn doeltreffende burgerregte-organisasie is wat deurlopend as waghond gereed-staan.  “AfriForum is glad nie met enige politieke party verbind nie en skroom nooit om op te staan teen ongeregtighede nie,” het Rossouw gesê.

Die toename in misdaad in die Overstrand-omgewing, die beweerde instroming van plakkers, die bestuur van dié toestroming ingevolge wetgewing, die gekwalifiseerde oudit van die munisipaliteit en rioolstorting is tot dusver geïdentifiseer as sake wat deur AfriForum hanteer sal word.

Lede van die publiek wat die saak wil ondersteun en as AfriForum-lede wil aansluit, kan “Overstrand” SMS na 31336 teen 50c per SMS.   

Marianne Rossouw, Interim voorsitter: Overstrand AfriForum
Sel: 082 454 9756, E-pos: mrmtours@gmail.com       

AfriForum woeker in die Wes Kaap

Marianne Rossouw

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles