AfriForum het ná ’n baie suksesvolle jaar landswyd, en veral in die Wes-Kaap, besluit om sy vlerke verder te sprei. Tydens ’n vergadering met gemeenskapsleiers in die burgersentrum op Hermanus het AfriForum, op aandrang van plaaslike leiers van verskeie dorpe, besluit om ’n AfriForum-tak in die Overstrand-gebied te vestig. Die 144 lede van die voormalige De Mond-tak is na Overstrand se nuwe tak oorgedra. Marianne Rossouw is as interim voorsitter aangewys.
Pieter Rautenbach, die hoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum was die gasspreker. Rautenbach het inwoners meegedeel dat AfriForum in 2013 vanaf ongeveer 30 000 lede gegroei het tot 66 000 lede. Landswyd is daar reeds 120 aktiewe takke gevestig. Rossouw het gesê enige munisipaliteit of polisiestasie kan hoër hoogtes bereik as daar ʼn doeltreffende burgerregte-organisasie is wat deurlopend as waghond gereed-staan. “AfriForum is glad nie met enige politieke party verbind nie en skroom nooit om op te staan teen ongeregtighede nie,” het Rossouw gesê.
Die toename in misdaad in die Overstrand-omgewing, die beweerde instroming van plakkers, die bestuur van dié toestroming ingevolge wetgewing, die gekwalifiseerde oudit van die munisipaliteit en rioolstorting is tot dusver geïdentifiseer as sake wat deur AfriForum hanteer sal word.
Lede van die publiek wat die saak wil ondersteun en as AfriForum-lede wil aansluit, kan “Overstrand” SMS na 31336 teen 50c per SMS.
Marianne Rossouw, Interim voorsitter: Overstrand AfriForum
Sel: 082 454 9756, E-pos: mrmtours@gmail.com
AfriForum woeker in die Wes Kaap
29 August 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Learning and Fun at Masakhane Homework Hub!
Every day after school, the vibrant energy of eager young minds fills the air at Masakhane Homework Hub.
Spruce Up Your Home This Easter: Renew, Refresh, Remake!
This Easter, let's 𝗲𝗴𝗴-𝘀𝗽𝗲𝗿𝗶𝗲𝗻𝗰𝗲 𝘁𝗵𝗲 𝗷𝗼𝘆 𝗼𝗳 𝗮 𝘀𝘂𝗰𝗰𝗲𝘀𝘀𝗳𝘂𝗹 𝗵𝗼𝗺𝗲 𝘀𝗮𝗹𝗲!
Unlocking Emotional Freedom: The Ninety-Second Rule
Science shows that when a person has a reaction to something happening in their environment, there is a chemical process that happens for 90 seconds.
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 March 2024
Join us for an incredible whale and Marine Big 5 eco tour on Friday, 29 March 2024, at 09:15.
Exploring Entomology: Grootbos Foundation Visits Iziko Museum
Exciting news from the Grootbos Foundation! Our entomology team recently embarked on an enriching journey to the Iziko Museum in Cape Town.
Grootbos Garden Lodge Wins Nature Reserve Hotel of the Year 2024
Garden Lodge has been honoured as the "Nature Reserve Hotel of the Year" at the 2024 Luxe Travel Awards.