Gansbaai Academia se leerlinge doen Entrepreneurskursus

Gansbaai Academia se leerlinge doen Entrepreneurskursus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Sakekamer kon op  12 & 13 Augustus 'n kursus oor Entrepreneurskap fasiliteer & organiseer. Dit is deur die AHI aangebied vir 2 groepe Gr.12 leerlinge (na skoolure) by Gansbaai Academia. Altesaam 36 leerlinge kon die kursusse bywoon. Omdat die Sakekamer by die AHI geaffilieer is, kon die leerlinge dit gratis ontvang en so kon ons ons mense & gemeenskappe ondersteun. Gansbaai Sakekamer kon hier meewerk om 'n investering te doen ten bate van ons mense se toekoms.

Jannie Kruger van die AHI het die kurses hanteer vir beide groepe van leerlinge.

Elke leering het 'n gratis handboek ontvang en onderwerpe wat gedek is, sluit oa. die volgende in:

• Kies van die regte idee
• Voorbereiding
• Finansies
• Beplanning & uitvoering
• Bemarking
• Die suksesvolle entrepreneur

Ons sit in Suid-Afrika en in Gansbaai met 'n enorme werkloosheidsprobleem. Dit is eintlik tans 'n wêreldwye probleem. Die formele strukture kan net nie almal akkommodeer wat werk soek nie. In ons land kry skoolkinders basiese vaardighede maar weens ons lae standaarde in baie skole word leerders nie goed toegerus nie. Selfs al word hulle goed toegerus, kan die ekonomie net eenvoudig nie almal opsuig nie. Gevolglik moet baie mense vir hulleself sorg. En dit is hier waar vaardighede om 'n entrepreneur te wees dan krities belangrik word.

Gansbaai Sakekamer het met die insette van die AHI gepoog om 'n klompie senior leerders beter te bekwaam om vir hulleself te sorg. Dié wat die kursus bygewoon het, het van 'n klomp basiese vaardighede en tegnieke bewus geword  wat hulle kan benut om hulle eie besighede mee te begin.

Op die ou end hang dit egter af wat jy self daarmee doen. As jy rustig agteroor wil sit en wag dat dinge gebeur, dan is dit jou besluit. Dié wat bereid is om hard te werk, is hopenlik nou beter toegerus. Nou kan elkeen met entoesiasme die geleenthede aanpak en met die gereedskap wat gegee is behoort hulle beter in staat te wees daartoe.
Sterkte met julle planne!!

Fanie Bothma, Voorsitter

Gansbaai Academia se leerlinge doen Entrepreneurskursus

Fanie Bothma

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles