Gansbaai Sakekamer kon op 12 & 13 Augustus 'n kursus oor Entrepreneurskap fasiliteer & organiseer. Dit is deur die AHI aangebied vir 2 groepe Gr.12 leerlinge (na skoolure) by Gansbaai Academia. Altesaam 36 leerlinge kon die kursusse bywoon. Omdat die Sakekamer by die AHI geaffilieer is, kon die leerlinge dit gratis ontvang en so kon ons ons mense & gemeenskappe ondersteun. Gansbaai Sakekamer kon hier meewerk om 'n investering te doen ten bate van ons mense se toekoms.
Jannie Kruger van die AHI het die kurses hanteer vir beide groepe van leerlinge.
Elke leering het 'n gratis handboek ontvang en onderwerpe wat gedek is, sluit oa. die volgende in:
• Kies van die regte idee
• Voorbereiding
• Finansies
• Beplanning & uitvoering
• Bemarking
• Die suksesvolle entrepreneur
Ons sit in Suid-Afrika en in Gansbaai met 'n enorme werkloosheidsprobleem. Dit is eintlik tans 'n wêreldwye probleem. Die formele strukture kan net nie almal akkommodeer wat werk soek nie. In ons land kry skoolkinders basiese vaardighede maar weens ons lae standaarde in baie skole word leerders nie goed toegerus nie. Selfs al word hulle goed toegerus, kan die ekonomie net eenvoudig nie almal opsuig nie. Gevolglik moet baie mense vir hulleself sorg. En dit is hier waar vaardighede om 'n entrepreneur te wees dan krities belangrik word.
Gansbaai Sakekamer het met die insette van die AHI gepoog om 'n klompie senior leerders beter te bekwaam om vir hulleself te sorg. Dié wat die kursus bygewoon het, het van 'n klomp basiese vaardighede en tegnieke bewus geword wat hulle kan benut om hulle eie besighede mee te begin.
Op die ou end hang dit egter af wat jy self daarmee doen. As jy rustig agteroor wil sit en wag dat dinge gebeur, dan is dit jou besluit. Dié wat bereid is om hard te werk, is hopenlik nou beter toegerus. Nou kan elkeen met entoesiasme die geleenthede aanpak en met die gereedskap wat gegee is behoort hulle beter in staat te wees daartoe.
Sterkte met julle planne!!
Fanie Bothma, Voorsitter
Gansbaai Academia se leerlinge doen Entrepreneurskursus
29 August 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Learning and Fun at Masakhane Homework Hub!
Every day after school, the vibrant energy of eager young minds fills the air at Masakhane Homework Hub.
Spruce Up Your Home This Easter: Renew, Refresh, Remake!
This Easter, let's 𝗲𝗴𝗴-𝘀𝗽𝗲𝗿𝗶𝗲𝗻𝗰𝗲 𝘁𝗵𝗲 𝗷𝗼𝘆 𝗼𝗳 𝗮 𝘀𝘂𝗰𝗰𝗲𝘀𝘀𝗳𝘂𝗹 𝗵𝗼𝗺𝗲 𝘀𝗮𝗹𝗲!
Unlocking Emotional Freedom: The Ninety-Second Rule
Science shows that when a person has a reaction to something happening in their environment, there is a chemical process that happens for 90 seconds.
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 March 2024
Join us for an incredible whale and Marine Big 5 eco tour on Friday, 29 March 2024, at 09:15.
Exploring Entomology: Grootbos Foundation Visits Iziko Museum
Exciting news from the Grootbos Foundation! Our entomology team recently embarked on an enriching journey to the Iziko Museum in Cape Town.
Grootbos Garden Lodge Wins Nature Reserve Hotel of the Year 2024
Garden Lodge has been honoured as the "Nature Reserve Hotel of the Year" at the 2024 Luxe Travel Awards.