Mode en Sentimentoggend

Mode en Sentimentoggend

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wat 'n wonderlike dag is in Pearly Beach op 20 Augustus gevier.

Die Vrouediens, van die NG Kerk het hierdie mooi oggend vir die dames aangebied.  Die eregas was Christine Jordaan. Alta van Niekerk het 'n kort  afskeidboodskappie aan haar oorgedra namens die inwoners en die Vrouediens.  Christine woon nou in Herberg-aan-See. 'n Baie mooi en paslike gedig is geskryf oor die oggend se gebeure deur Liesje van Woerkom, sy het ook aan elke model 'n gedig opgedra. Die wonderlike dames van Pearly Beach, NG Kerk het 'n lieflike oggend gereël wat beslis die moeite werd was.  Ai tog, wens daar kon honderde dames wees om saam te geniet, ontspan en vergeet van dramas. Daar was flinke dames wat agter die skerm, fluks en sonder gekerm gewerk het. Iedereen kon ietsie saambring wat sentimenteel is. Die sentimentele gedagtes was goed en wonderlik.  Ek het gewaar, hier en daar, is stilweg 'n traan weggepik.

Corra's Fashion het gesorg vir 'n modeparade. Die agte modelle was van die beste en elkeen 'n ster in eie reg.  Ons gaan hulle beslis weer gebruik. Die verrassende pryse was nie te versmaai.  Aan die einde het ons met koek en tee laat waai. Ons wil net graag die volgende mense bedank vir die lieflike geskenkbewyse wat aan die Vrouediens van Pearly Beach, NG Kerk geskenk is. Corra's Modewinkel te Gansbaai  (Corra); Sarona's Health & Beauty Clinic  (Sarona); Liezel Hair On Main road  (Liezel)en  Protea Flora van Gansbaai bloemiste  (Carien).      
                   
Marietjie Gerber

Mode en Sentimentoggend

Marietjie Gerber

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles