80 Jaar vir Afrikaanse Bybel

80 Jaar vir Afrikaanse Bybel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die eerste Bybel in Afrikaans is 80 jaar gelede op 27 Augustus 1933 amptelik in Bloemfontein in gebruik geneem. Sedert daardie heuglike dag het die Bybelgenoot-skap meer as 11.1 miljoen Afri-kaanse Bybels versprei en net gedurende die afgelope jaar het hulle 1.4 miljoen Bybels in Suid-Afrika versprei. Afrika is die vasteland waar die meeste volledige Bybels vertaal is.

In Suid-Afrika het al 11 amptelike tale ‘n volledige Bybel. Die Bybelgenootskap is ook in ‘n proses met ‘n Engelse Bybel vir Dowes, ‘n nuwe Zulu- en Afrikaanse Bybel. Die eerste Bybel wat in ‘n inheemse taal verskyn het, is die Tswana Bybel in 1857. Daar is meer as 6,500 tale in die wêreld en die volledige Bybel is reeds in 475 tale vertaal. Iets van die Bybel, hetsy die volledige Bybel, die Nuwe Testament of Evangelie, is reeds in 2,527 tale beskikbaar. Tans is die Bybelgenootskappe wêreldwyd met meer as 500 Bybelvertaalprojekte besig.

Fondse wat deur gemeentes en donateurs geskenk word, word volledig vir vertalings en verspreiding van Bybels aangewend. Die weeklikse Bulletin van die NG-gemeente Gansbaai het daarop gewys dat verlede Sondag se deuroffer vir hulle plaaslike Bybelverspreiding ge-oormerk was. Die fondse word gebruik om Bybels te subsidieer. Die afgelope jaar is 255 Xhosa, Zulu, Sotho en Tsonga Bybels, asook 91 Afrikaanse en Engelse Bybels verkoop. Die Fonds vier vanjaar sy 30ste bestaansjaar en word deur die Kerkkantoor geadministreer. ‘n Ware aanhaling van AJ Amick lui soos volg: “’n Mens kán van brood alleen lewe…..as dit die Brood van die Lewe is”.

Hardus Botha

80 Jaar vir Afrikaanse Bybel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles