Fotografieklub Kompetisiewenners

Fotografieklub Kompetisiewenners

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Fotografieklub se kompetisiewenners met hulle spogfoto’s, met vlnr Marc du Plessis (4de), Riaan Jacobs (1ste), Jane Bailey (2de) en Christo Wessels (3de)

Gansbaai Fotografieklub se onlangse kompetisie het puik foto’s opgelewer. “Ongelukkig het slegs sewe klublede aan die kompetisie deelgeneem, maar die kwaliteit van die foto’s was van hoogstaande gehalte en dit was ‘n goeie aanduiding van hoe klublede in hul vaardighede gegroei het,” sê Marc du Plessis, kompetisie-beampte van die klub. Die tema was “Local is Lekker” en die wenners was Riaan Jacobs (1ste), Jane Bailey (2de), Christo Wessels (3de) en Marc du Plessis (4de).

Pryse het gewissel vanaf restaurant-etes tot by geskenkpakkies en die borge (al-fabeties) daarvan was Guiseppes, Hermanus Liquors, Riaan Jacobs, Tolbos Bistro en Walkerbay Liquors. “Ek wil graag almal bedank wat aan die kompetisie deelgeneem het en met al die reëlings gehelp het. Geluk aan die pryswenners met hul prestasies en ek hoop hulle geniet die pryse,” het voorsitter Christo Wessels gesê. “Ek wil ook die publiek uitnooi om by ons aan te sluit en aan die kompetisies deel te neem.” Tydens die vorige byeenkoms was die tema vir foto’s vir evaluering “Ground Level”. Weer eens is kwaliteitfoto’s vertoon en dié keer was die gunsteling vir Gansbaai Courant ‘n foto van sampioene wat deur klublid Lettie van Staden geneem is. Navrae oor Gansbaai Fotografieklub kan aan Christo Wessels by 082-920-9738 gerig word, of kontak vir Linda Kloppers by 082-550-7313. ‘n Epos kan ook aan gansbaaifotografieklub@gmail.com gestuur word.

Hardus Botha

Die gewildste foto met die tema “Ground Level” van sampioene is deur Lettie van Staden geneem  

Fotografieklub Kompetisiewenners

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles