Laerskool Gansbaai Interskole

Laerskool Gansbaai Interskole

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Villiersdorp se O/9 Akkedissies het hul tydens Saterdag se Interskole behoorlik vasgeloop teen die onoorwonne Gansies. AJ Bosch word hier deur die toeskouers aangespoor op pad doellyn toe.

Taai mededinging in 'n goeie gees het verlede Saterdag die Interskole-sportbyeenkoms op Gansbaai gekenmerk. Die Laerskool Gansbaai en die Laerskool De Villiers Graaff op Villiersdorp het mekaar vir die vyfde jaar in rugby en netbal gepak. Gunstige weer ('n koel dag met 'n ligte briesie) het saam met entoesiastiese meelewing van ouers en ander belangstellendes bygedra tot 'n besondere geleentheid. 

Gansbaai het die rugbykragmetings met 2 - 1 gewen (2 gelykop), maar die besoekers was baas in netbal met 8 - 4 (1 gelykop). Op die rugbyveld het Gansbaai se O/9's hul onoorwonne status vanjaar behou deur Villiersdorp oortuigend met 20 - 5 te klop. Die tuisspan se O/13A-netbalspan het ook nie hierdie seisoen verloor nie, maar moes 'n agterstand uitwis om uiteindelik met 21 - 21 gelykop te speel. Die volledige uitslae is: RUGBY: O/7: Gelykop 10 - 10; O/8: Gelykop 5 - 5; O/9: Gansbaai wen 20 - 5; O/11: Gansbaai wen 10 - 5; O/13: Villiersdorp wen 34 - 8. NETBAL: O/7A: Villiersdorp wen 7 - 0; O/7B: Villiersdorp wen 4 - 2; O/8A: Gansbaai wen 7 - 3; O/8B: Villiersdorp wen 3 - 1; O/9A: Gansbaai wen 10 - 1; O/9B: Villiersdorp wen 7 - 0; O/10A: Villiersdorp wen 11 - 4; O/10B: Villiersdorp wen 7 - 2; O/11A: Gansbaai wen 11 - 2; O/11B: Villiersdorp wen 5 - 1; O/12A: Gansbaai wen 8 - 4; O/12B: Blompark klop Gansbaai 8 - 0; O/13A: Gelykop 21 - 21; O/13B: Villiersdorp wen 11 - 2.

Gerrit Cloete 

Laerskool Gansbaai Interskole

Gerrit Cloete

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

Antje Shone Art Exhibition at Groeneweide Farm in Franskraal

GGAP IS BLESSED to have Antje Shone on our team.

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Prominent Paints Ultra Shield for Coastal Homes

Living near the coast? Your exterior walls need a little extra protection.

Meet Klonki

Meet Klonki

Klonki is a +- 3-year-old male looking for a loving forever home.

BARC Animal Welfare
Wind Dried Lamb Ribs

Wind Dried Lamb Ribs

Prime Cuts Meat has wind dried lamb ribs, made fresh every day and available while stocks last!

Prime Cuts Meat
Recent Pergola Build in Franskraal

Recent Pergola Build in Franskraal

Another pergola project completed by Thunder Services & Solar in Franskraal.

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Mosaic Bowls for Sale in Gansbaai

Looking for something pretty and different for your home?

See All Articles